MunicipalNews

Hoe werk die parkeerstelsel in Tzaneen nou eintlik?

'Hoekom moet ek 'n parkeermeter-wag-mens-meter betaal?'

Inwoners het talle navrae gedoen oor hoekom motoriste moet betaal om in die sentrale sakegebied te parkeer.

Letaba Herald het op tydens ‘n vorige geleentheid oor die parkeermeters, wat in 2014 opgerig is berig.

Lees: Car guards in Tzaneen face bleak future

Inwoners is veronderstel om ‘n kaartjie te koop wat by verskeie besighede en die munisipaliteit beskikbaar is.

Beamptes in khaki klere help motoriste. Hulle is veronderstel om ‘n aanstellingssertifikaat saam hulle te dra, volgens Andre Liversage van die Groter Tzaneen Munisipaliteit.

Die sertifikaat wat deur die stadsraad uitgereik word moet die beampte se naam, van, ID nommer en foto op hê.

As die beamptes nie hulle sertifikate kan toon nie kan motoriste weier om hulle te betaal, volgens Andre en Neville Ndlala, die woordvoerder van die munisipaliteit.

Die parkeertye is van 08:00 tot 17:00 en motoriste hoef nie enige geld na ure te betaal nie. Die kaartjies het ‘n R15 deposito op en kan gekoop word vir R20, R35, R55 of R95.

Die R15 word terug aan die motoris besorg as hulle die kaartjie terug gee.

Ndlala het gesê die geld word gebruik soos alle diensinkomste geld vir verskeie aktiwiteite en programme, dit kan operasioneel of kapitaal wees.

Die stelsel is twee jaar gelede deur die stadsraad goedgekeur en verval volgende jaar.

Dit help ook glo ook met werkskepping.

Vir meer inligting kan Johannes Malatji op 083 939 0177 van die verkeersdepartement geskakel word.

Wat is jou mening? Epos: marianco@herald.co.za

 

Related Articles

Back to top button