NewsSchools

Vossie neem deel aan hokkiekliniek

Die afgelope vakansie het die Hoƫrskool Ben Vorster se hokkiespanne deelgeneem aan die Nedstar hokkiekliniek te Pretoria.

Die wedstryduitslae was soos volg:

Die seuns eerstespan het 5 wedstryde gespeel waarvan hul 2 gewen en 3 verloor het.

Hulle het teen Garsfontein (1-4), Swartkop (0-1) en Sentraal (1-3) verloor.

Hulle oorwinnings was teen Gartleigh (1-0) en Warmbad (3-0).

Die seuns het teen Warmbad uitgespeel vir die vyfde-en sesdeplek. Hulle het hierdie wedstryd (1-0) verloor.

Die O/16A-seunspan het 5 wedstryde gespeel waarvan hul 4 verloor en 1 gewen het.

Hulle nederlae was teen Middelburg (1-7), Maragon (1-2), Waterkloof (0-6) en Swartkop1 (0-3). Hulle het Swartkop2, (4-1) gewen.

Die O/14A-meisiesspan het hulle groepwedstryde verloor, maar het algeheel sewende geƫindig nadat hulle Midstream College (3-2) gewen het.

Hulle groepwedstrydtellings was: Ermelo (0-1), Garsfontein (0-2) en Midstream College (0-2). Die span se Elsje Kriel en Juante Paulse is gekies om aan die ā€œAll Starsā€ wedstryd deel te neem waar spelers saam met Nedstar afrigters gespeel het.

Die O/15A-meisies het 4 wedstryde gespeel waarvan hul 3 verloor en 1 gewen het.

Hulle tellings was: Garsfontein (2-3), Ermelo (4-0), Noordheuwel (0-2) en Garsfontein O/16Aā€™s (0-2).

Die span het teen Middelburg uitgespeel vir derde-en vierdeplek en het gelykop 2 elk gespeel. Zana Mabunda en Vanessa Nkanyani is ook gekies om aan die ā€œAll Starsā€ wedstryd deel te neem .

Die O/16A-meisiesspan het 4 wedstryde gespeel.

Hulle tellings was: Overkruin (1-0), Ermelo (0-7), Middelburg (0-4) en Maragon (0-1). Die span het teen Maragon uitgespeel vir derde-en vierdeplek en het gelykop, 0 elk gespeel.

Die eerste meisiesspan het 4 wedstryde gespeel waarvan hul almal gewen het. Hulle tellings was Grant Leigh (2 ā€“ 0), Uplands (4-1), Sentraal (3-0) en Middelburg (4-0). Die span het hul laaste twee uitspeelwedstryde verloor. Cheny Lourens en Bontle Sibuyi is ook gekies om aan die ā€œAll Starsā€ wedstryd deel te neem.

Related Articles

Back to top button