Local newsNews

VIDEO: Kyk toe Tzaneen aangewys is as Limpopo se finalis vir dorp van die jaar

Tzaneen is Woensdagaand aangewys as Limpopo se finalis vir dorp van die jaar...kyk na die insetsel as jy dit misgeloop het.

Die gemeenskap kan trots wees op Tzaneen.

Die dorp is aangewys as die Limpopo finalis vir die KYKNet program Kwêla, se Dorp van die jaar kompetisie.

Die ander twee dorpe teen wie Tzaneen te staan gekom het was, Bela-Bela (Warmbad) en Modimole (Nylstroom)

Maar die stemmery wou dit anders hê.

Ons is amptelik die beste in die Noorde.

Kyk na die insetsel wat Woensdagaand uitgesaai was:

Nou moet die gemeenskap saamstaan soos een man sodat ons later vanjaar aangewys kan word as Nasionale dorp van die jaar.

Bemarkings materiaal sal binnekort aan Letaba Herald gestuur word en dan begin die groot veldtog en stemmery.

Ons kan slegs wen indien die dorp saamstaan om gedurende die finale rondte seker te maak, Tzaneen stap weg met die kroon as nasionale wenners.

Meer besonderhede sal via Letaba Herald koerant, ons webtuiste en ander sosiale media bekend gemaak word.

Baie dankie aan Pieter Vorster, Marinda Thomas, Attie Bester, Melissa Strydom, Magoebaskloof Ruskamp, ZZ2, Amorentia Estate, Derek Donkin, Vervet Monkey Foundation, Magoebaskloof Canopy Tours en ander rolspelers wat die Kwêla filmspan en die aanbieder, Pieter Koen verwelkom het gedurende hulle besoek aan Tzaneen om die insetsel wat vanaand vertoon is te verfilm.

Meer besonderhede oor die veldtog sal binnekort bekend gemaak word sodra al die provinsies se finaliste aangekondig is op die KYKNet Kwêla program wat Woensdae aande uitgesaai word.

Dan begin die kompetisie in alle erns.

Afrikaans is eie aan die Suid-Afrikaanse landskap en dra by tot die unieke karakter van ons land en sy mense. Maar almal praat en leef Afrikaans verskillend!

Bemarkingswaarde van R1miljoen rand sowel as advertensietyd van 30 sekondes oor die dorp asook ‘n groot makietie kom ons kan toe as ons as die nasionale dorp van die jaar aangewys word.

Indien enige persoon betrokke wil raak met die veldtog ,epos gerus jou naam en kontak besonderhede aan bertus@herald.co.za

Hoe lyk Afrikaans op jou dorp?

Neem deel!

Jy kan heerlike verrassingspryse wen. Jy kan op sosiale media en/of op Afrikaans.com se webtuiste inskryf.

Deelnemers wat op die webtuiste inskryf, staan ook die kans om tot R10 000 te wen.

Vertel hulle!

 

 

Related Articles

Back to top button