EntertainmentLifestyle

Geniet ‘n “Wilde Fees” by Klaseriedam

Daar word 'n heerlike 'Wilde Fees' by die Klaseriedam beplan

‘n “Wilde Fees” word op 27 tot 30 April by Klaseriedam beplan.

Klaseriedam is een van Hoedspruit se beste hengel- en kampeerterreine en is reeds sedert die 1960’s deel van die omgewing.

Baie mense het in die verlede diep spore by Klaseriedam getrap. Fees-organiseerders is tans in die vroeë beplanningsfase van ‘n jaarlikse buitemuurse geleentheid vir die Hoedspruit gemeenskap asook omliggende areas.

Sangers soos Dewald Dippenaar, Andre G en Charlene Olivier sal tydens die Fees optree. Vermaak soos ‘n opvoedkundige besoek deur Moholoholo, slange van die slangpark en demonstrasies oor mediese redding sal ook deel van die Fees vorm.

‘n Prettige uitdaging vir avontuurlustiges is beslis die vlotkompetisie op 29 April om 10:00. Toegangsfooie hiervoor beloop R20 per persoon per vlot.

Gebruik eie inisiatief en kreatiwiteit en bou ‘n vlot van hout, stokke of enige materiaal wat die vlot sal laat dryf.

Die vlotte mag by die huis gebou word vir Saterdag se kompetisie of deelnemers kan die hele naweek daar deurbring.

Reëls: Alle lede van ‘n span moet op die vlot pas.

Geen spanlede mag om die vlot swem nie.

Geen enjins word toegelaat nie.

Oud en jonk is welkom.

Pryse sal aan die mees oorspronklike plan, die mees oorspronklike naam asook aan die vlot wat eerste aan die anderkant van die dam land, toegeken word.

Akkommodasiefooie: Kampering: R300 per persoon x 3 nagte; kampering R150 per persoon 6-12 jaar x 3 nagte; voorskoolse kinders gaan gratis; R100 per persoon vir dagbesoekers.

Skakel Tessa van der Merwe op 061 771 1284/015 793 2831 vir meer inligting en bespreking.

Related Articles

Back to top button