Local newsNews

TZANEEN: AfriForum, SAPD maak geskiedenis

AfriForum se Tzaneen tak en die SAPD het Maandag geskiedenis gemaak deur 'n samewerkings ooreenkoms te sluit.

Die doel daarvan is om ‘n geïntegreerde benadering te volg om veiligheid uit te bou en gemeenskaps samewerking in die bekamping van misdaad te versterk.

Bg ooreenkoms vorm die hoogtepunt van ontmoetings tussen die twee organisasies, met die oog op verbetering van wedersydse kommunikasie en skakeling, asook om probleme in terme van misdaad gesamentlik te identifiseer en op te los.

Die partye onderneem in die samewerkings ooreenkoms om:

Mekaar wanneer nodig en waar toepaslik behulpsaam te wees; met mekaar te skakel om vas te stel hoe AfriForum se aktiwiteite met die strategiese doelwitte van die SAPD kan belyn; en om te verseker dat inligting wat van gevestigde AfriForum Gemeenskaps veiligheidstrukture verkry is en wat die SAPD van hulp kam wees om misdaad te voorkom, bestry en ondersoek, met mekaar gedeel word.

Ian Cameron, hoof van gemeenskaps veiligheid by AfriForum, sê dat die ooreenkoms ruimte skep vir beter kommunikasie tussen AfriForum en die SAPD, asook die geleentheid vir beide instellings om meer inligting met mekaar te deel in die poging om misdaad in die land te bekamp.

“Die SAPD het AfriForum se veiligheidstruktuur vanoggend amptelik as vennoot in die geveg teen misdaad erken. Deur die tipe samewerking kan ons van Suid Afrika ‘n veiliger plek maak.”

Lt Genl Khomotso Phhlane, waarnemende nasionale kommissaris van die SAPD, sê dat die SAPD verbind is tot die voorkoming en bestryding van misdaad oor alle gemenskappe heen. “Ons het in die afgelope jaar met AfriForum geskakel en bevestig dat die struktuur ‘n belangrike rol te speel het in die deel van inligting, asook met aktiwiteite teen misdaad en ondersteuning aan die SAPD om geïdentifiseerder gemeenskappe by aktiwiteite teen misdaad te betrek,” sê Lt Genl Phahlane.

“Deur die implementering van “Back to Basics”-benadering het die SAPD by herhaling bevestig dat die vestiging van vennootskappe oor alle gemeenskapsfere heen, ‘n integrale rol speel in die versekering dat almal in Suid Afrika veilig is en voel.

“Die samewerkings ooreenkoms tussen AfriForum en die SAPD is een van die tasbare uitkomste van die benadering, wat daarop gemik is om na alle gemeenskappe in ons multukulturele omgewing uit te reik,” sluit Lt Genl Phahlane af.

AfriForum en die SAPD sien uit na ‘n langdurige en produktiewe verhouding wat tot voordeel sal strek van alle gemeenskappe wat hulle bedien.

Skakel Lizandra Viviers op 071 649 7130.

Related Articles

Back to top button