CrimeNews

Man aangerand op plot in Letsitele

'n Reuse soektog is deur polisie geloods na 'n 62 jarige man, Brian Westley, aangerand is op 'n plot in die California area naby Letsitele.

‘n Werker het hom Sondagoggend gevind.

Westley werk vir die eienaar van die plot, Giel van der Schyff, wat in Pretoria was die naweek.

Volgens van der Schyff het Westley die sleutels van die hoofhuis gehad.

Die verdagtes het Westley aangerand tot hy die sleutels van die hoofhuis oorhandig het, volgens van der Schyff.

Die werker, Tenashe Moyo, het by die huis ongeveer 07:00 opgedaag en swaar asemhaling gehoor, volgens die Letsitele polisie woordvoerder, AO Nkateko Hlangwani.

Moyo het ondersoek gaan instel en Westley bewusteloos in ‘n plas bloed gekry. Sy hande was vasgebind. Hy het ook verskeie wonde aan sy kop gehad.

Die polisie is onmiddellik ontbied en ‘n ambulans is gebel. ‘n Leë kluis is buite die hoofhuis op die plot gevind. Luidens die polisieverslag was daar verskeie vuurwapens en juwele uit die kluis gesteel.

Van der Schyff het bygevoeg dat ‘n kamera en ‘n sak kleingeld ter waarde van R300 tot R400 ook in die kluis was.

Niemand is inhegtenis geneem nie.

“Dit gaan beter met die oom, hy is by sy positiewe, maar steeds in baie pyn. Hulle het hom baie hard geslaan,” sê van der Schyff.

Lees ook:

UPDATE: School principal killed outside court-suspect arrested

TZANEEN: Pharmacy robbery foiled in CBD

Related Articles

Back to top button