Editor's choiceLocal newsNews

TZANEEN: Die sluise is oop…

'Lyk my al die reënmeters in Tzaneen is uitverkoop...wie verkoop nog...'

So lees een van die boodskappe vanoggend op sosiale media, terwyl goeie reën steeds uitsak in en om Tzaneen.
En dit was dan ook natuurlik die plek om te wees vanoggend.
Op sosiale media.
Dit is nou te sê as jy nie sommer al vroeg gaan staan en dans het in die reën, of onder ‘n sambreel, of dalk sonder een net langs die naaste droë dam gaan sit het en kyk hoe die watervlakke styg nie.
Opgewondenheid, dankbaar en vreugde oor die reën het sosiale media reeds van gister oorheers.
Sommige inwoners het laat blyk dat hulle reënmeters moes uitgooi na die goeie reënval wat deur die nag uitgesak het, en in sommige gebiede is daar tot 150mm gemeet.
Die water loop.
Die water loop.
Reënvoorspellings dui daarop dat dit vir die res van die dag heerlik gaan reën, sowel as in die week wat voorlê.
Vuilstoepe is die laaste van bekommernis vandag. Die langverwagte goeie reën maak op vir alles.
Vuilstoepe is die laaste van bekommernis vandag. Die langverwagte goeie reën maak op vir alles.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook ‘n waarskuwing uitgereik vir hewige reën wat kan ly tot fratsvloede in sommige gebiede vir die Tzaneen omgewing vir vandag.
Vandag se weervoorspelling. Foto: Reënval SA Facebook
Vandag se weervoorspelling. Foto: Reënval SA Facebook
Die Blyderivierdam in Hoedspruit het vanoggend sy walle oorgestoot.
Tom van der Meulen van Hoedspruit het gister aan ons susterskoerant, Die Laevelder gesê dat die dam se watervlak op 77% staan. Dit was teen 12:00.
‘n Rukkie later het Van der Meulen op Facebook gepos dat die dam 95% vol was.
Vanoggend was die wal ‘n welkome gesig en  ‘n sluier van water en oorgestoot..
w2
Die Blyderivierdam se wal loop oor. Foto: Facebook
In die Kruger Wildtuin reën dit glo net so lekker.
Bella Kok van Zyl het die volgende gepos op Reenval in SA :

"Skukuza is blocked off, not sure if Paul Kruger gate is open, but low-water bridge at Skukuza now closed. Phabeni closed. Hear of lots of water between Skukuza and Lower Sabie, road between Pretoruiskop and Skukuza also now closed. Will get more detail"
“Skukuza is blocked off, not sure if Paul Kruger gate is open, but low-water bridge at Skukuza now closed. Phabeni closed. Hear of lots of water between Skukuza and Lower Sabie, road between Pretoruiskop and Skukuza also now closed. Will get more detail”
Volledige reën neerslae vir die Tzaneen omgewing en die stand van damme sal in die week se uitgawe van Letaba Herald gepubliseer word.
Foto: Jacques Myburg.
Foto: Jacques Myburg.
Lees ook:

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button