Local newsNews

Noue ontkoming vir pa en dogter op pas

Twee passasiers het 'n noue ontkoming gehad toe hulle voertuig, 'n wit bakkie, trompop met 'n trok gebots het.

Twee passasiers het ‘n noue ontkoming gehad toe hulle voertuig, ‘n wit bakkie, trompop met ‘n trok gebots het.

Die ongeluk het verlede Donderdag op die Magoebaskloofpad gebeur.

Die bestuurder van die trok het na bewering gesê die remme van die trok het onklaar geraak en so het hy beheer oor die trok verloor en in die ander baan beland.

 

IMG-20161013-WA0006
Photo supplied

Daar was niks wat, Johan Roos, die bestuurder van die bakkie kon doen om die ongeluk te vermy nie.

Roos se dogter, Kayla, ‘n graad 4 leerling van Laerskool Tzaneen, was saam hom in die voertuig.

Danuschka Horn, stiefdogter en sussie van Johan en Kayla het met Letaba Herald gepraat en sê genadelik het altwee met ligte beserings weggekom.

Twee goeie samiritane, Leon Eksteen en Willem Pieterse was eerste op die toneel. Leon het al die nodige familielede en nooddienste gebel, terwyl, Willem, met die twee beseerdes hospitaal toe gejaag het.

 

 

Photo supplied
Photo supplied

Die familie is dankbaar teenoor die twee mans. ‘n Saak van roekelose en nalatige bestuur is volgens die woordvoerder, Sersant Glenda Maimele, geopen.

Dit is nie ‘n geheim dat die Magoebaskloof pas een van die gevaarlikste paaie is nie.

Met die dat die George’s Valleypad nog nie oop is nie, gebruik baie trokke die Magoebaskloofpad, al mag hulle nie.

Letaba Herald het kontak gemaak met Nile Mcgaffin, ‘n inwoner van George’s Valley en volgens hom is die pad amper klaar.

 

Photo supplied
Photo supplied

Daar is ‘n goeie kans dat George’s Valley teen die einde van die maand oop sal wees.

Nie dat die pad veel veiliger vir trokke is nie.

Trokbestuurders word aangeraai om die Mooketsi/Duiwelskloofpad te gebruik.

Also read:

BREAKING NEWS: One dead after accident on Magoebas

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button