CrimeNewsLifestyle

‘n Skrootwerf beroof in Tzaneen

'n Skrootwerk is Vrydagoggend in die ou-industriƫle gebied beroof in Tzaneen.

Volgens ‘n ooggetuie het vier verdagtes ‘n skrootwinkel in Impalastraat beroof.

Twee van die verdagtes het die winkel binne gegaan terwyl die ander twee verdagtes buite in die voertuig gewag het.

‘n Bekende Sekuriteitsmaatskappy in Tzaneen se bakkie was glo buite geparkeer.

‘Wat binne in die winkel gebeur het, weet ek nie. Die sekuriteitswag was reeds in die winkel.

Die verdagtes het uit die winkel gehardloop met ‘n geldkas en het die sekuriteitswag se wapen ook by hom afgeneem. Die verdagtes het in die sekuriteitsbakkie gespring en weggejaag. Die Toyota

Tazz het ook van die toneel af gejaag,’ het die ooggetuie aan Letaba Herald vertel.

Die sekuriteitsbakkie is later in die parkie oorkant die Lifestyle sentrum gevind.

Met ons ter perse gaan het ons verneem dat die wapen wat afgeneem is ook nog nie terug gevind is nie.

Nog geen arrestasies is gemaak nie.

Lees ook:

SOUND CLIP: Police reports on hijacked Government car

 

Related Articles

Back to top button