EntertainmentLifestyle

Wen kaartjies en ‘n DVD van Buster die Brak

Buster die Brak kuier Saterdag in Tzaneen en nooi al sy maatjies uit om na sy vertoning te gaan kyk. En jy kan kaartjies na die vertoning en 'n DVD wen so lees gerus verder....

Dit is weer tyd vir groot vermaak die naweek vir die jongspan van Tzaneen.

Buster die Brak kuier Saterdag in Tzaneen en nooi al sy maatjies uit om na sy vertoning te gaan kyk.

En as jy verder lees, wag daar ‘n vet geskenk vir twee Buster aanhangers.

Buster en San-Marie kan nie wag om by al hul maatjies in Tzaneen te kom kuier nie! Maak seker jy kry jou kaartjies vir Saterdag, 10 September om 10:00 by Laerskool Tzaneen se skoolsaal.

Buster het laas jaar ‘n Ghoema toekenning gewen vir beste kinderalbum en ‘n paar van hul musiek videos is gereeld te sien op Kyknet.

Buster die Brak se Visie is van God en kan nooit gestop word nie. Buster maak n verskil en impak. Buster en San-Marie is n ongelooflike span. Hulle maak n reuse verskil regoor die land in kinders se lewens en fokus ook daarop om elke kind mooi te laat verstaan da thy/sy uniek is en ‘n spesiale gawe het van God af. Die waarheid word verkondig deur hierdie medium waar kinders dit so geniet terwyl hulle groei en leer.

Kyk na Buster:

https://youtu.be/zvyUFoEh53A?list=PLO_nKilyKeK5ssm2_HjKke1964FIzN_6s

Die stigter en eienaar van Buster die Brak doen al 20 jaar kinder ontwikkeling. Sy het haar Meestersgraad gedoen en is tans besig met haar Doktors Graad. Sy het reeds meer as 3000 kinders Liggaam,Siel en Gees gesien,evalueer en ontwikkel. Buster is n produk uit jare jare se ondervinding en navorsing. Elke kind saam sy ouers sal die waarheid leer ken deur die DVD. Buster gaan oor die sielkunde en waarheid agter die optredes. Die kunstenaars is die gereedskap om GOD se waarheid oor te dra. Juis daarom dat San Marie met dieselfde passie en visie nou deel van die span is. Om waarheid te verkondig.

Maak seker jy kry jou kaartjies vir Saterdag, 10 Sept om 10:00 by Laerskool Tzaneen se skoolsaal.

Twee komplimentere kaartjies na die vertoning kan gewen word sowel as ‘n DVD van Buster.

Antwoord net die maklike vraag. Waar gaan Buster optree in Tzaneen?

Epos jou antwoord, naam en kontak besonderhede na bertus@herald.co.za voor of op Vrydag 9 September om 12.00.

Vir meer inligting en kaartjies, skakel: Joleen Fourie op 082 410 7682 of epos: info@lomatrio.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button