EntertainmentLifestyle

Die vrou as mens is belangrik vir Dawie

Dawie Roodt voel dat elke vrou belangrik is en hulle moet daarop aandring.

Dawie is onlangs aangewys as top Ekonoom en het hier in Tzaneen groot geword.

Hy het geen bekendstelling nodig nie of ten minste nie in die finansiële wêreld nie.

Dawie is direkteur en hoof-ekonoom van die Efficient Group en anker-aanbieder van Ontbytsake op KYKNet.

Hy is ook ‘n kenner op die gebied van regerings-finansies en monetêre beleidsake. Hy was voorheen ekonoom by die SuidAfrikaanse Reserwebank, ‘n posisie wat hy vir nege jaar beklee het. Dawie het verder bekendheid verwerf as Ekonomiese Redakteur van Finance Week en Finweek tydskrifte.

In sy grootword jare hier in Tzaneen, (Dawie het gematrikuleer by Hoërskool Ben Vorster) het hy aan Letaba Herald opgewonde vertel, dat dit ongelooflike jare was. ‘Man dit was amazing sorgelose jare vol avontuur.

Dit was die oorgangsjare van kind na groot mens wees. Dit wat ‘n persoon dink hou jou terug soos skool, en die platteland en kleindorpies is juis dit waar jy jou waardes leer en wat vir jou, jou voorsprong gee in die lewe,’ vertel hy.

Is daar ‘n vrou hier in ons omgewing wat hy sal onthou, wat hom sal bybly. Die antwoord kom baie vinnig.

‘Ja, sy is nou nog in Tzaneen. Sy is ‘n amazing girl en baie spesiaal. As ek nie getroud was nie sou ek met haar getrou het.’

Dawie voel dat vrouedag oorbodig is.

‘Dit is vir my ‘n klomp twak. Vrouens moet nie uitgesonder word nie. Vrouens is volwaardige burgers van hierdie land. Vrouedag is vir my verkleinerend, dit voel so asof dit nou so spesiale gunsie is vir hulle. Suid Afika se vrouens is sterk genoeg en bymagte.’

Hy het ‘n spesiale boodskap vir die vrouens in Tzaneen en natuurlik ook Suid -Afrika.

‘Ek is baie trots op alle vrouens en ook die in my lewe. Wees net wie julle is…wees vrou.’

En oor die vraag of Suid Afrika reg is vir ‘n vroue president is die Ekonoom se antwoord eenvoudig. ‘Dit is nie relevant nie, Suid-Afrika kort ‘n president wat die werk kan doen hetsy man of vrou.’

Vrouens in die besigheidswêreld, volgens sy ervaring is meer volledig en vat minder kanse voor besluite, voel Dawie. En al is jou ‘vroue baas’ die een wat almal agter afmaak as die giftige-The Devel Wears Prada een, maak dit van haar geen verskil van haar manlike eweknie nie. Die werk word nog steeds gedoen.

As hy vrouens sou/kon uitnooi vir ete, is Margaret Thatcher, destydse eerste minister van Britanje vir wie hy ‘n groot bewondering het heel bo aan sy lys. Hy sal ook Ayn Rand uitnooi, skrywer, filosoof, dramaturg en draaiboekskrywer en Aung San Suu Kyi. As daar een ding is wat Dawie nie sal kan klein kry van vrouens nie is dit die beheptheid met skoene. “Wat is dit met vrouens en skoene, Ek dink elke vrou het ‘n skoengeen in hulle. Alle vrouens is mal oor skoene, wragtag ek verstaan dit nie,’ vertel Dawie laggend.

En die top Ekonoom wat Dawie is, laat vinnig weet dat ‘n vrou nie ‘n prysnemer is nie. Hulle sal mos self die waarde bepaal.

Dawie is ‘n voortstaander van ‘Celeberitaans’ soos hy dit stel.

‘Almal is ‘celebritys.’ Elkeen het individuele regte. Almal is belangrik. Die vrou, as mens is belangrik en hulle moet daarop aandring. Elke vrou moet ook weet wat in hulle finansies en in die familie se geldsake aangaan.’ sê Dawie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button