Local newsNews

VIDEO: Katskieter jag hoender met harpoen

Waarskuwing-nie vir sensitiewe kykers!

Honderde mense het op Facebook hulle misnoeë te kenne gegee oor ‘n berig wat in Die Laevelder verskyn het wat handel oor twee jong mans van Nelspruit wat verlede week ‘n kat geskiet het en met die video gespog het.

Wj Halliday en Chrisjan Terblanche het hulself die toorn van die gemeenskap op die hals gehaal, maar asof dit nie genoeg is nie, het ‘n tweede skok getref toe ‘n video van Terblanche wat hy in Januarie vanjaar op Instagram geplaas is, ook op FB opgeduik het.

Vir die VIDEO en ARTIKEL op Laevelder se webtuiste, klik op: Video: Katskieter jag hoender met harpoen

In nog ‘n sosiale media-inskrywing van die 18-jarige Halliday waar hy en ‘n vriend, Chrisjan Terblanche met ‘n dooie gemmerkat, wapen en jagmes spog, het dié week ook tot groot ontsteltenis gelei.

Die inskrywing was op Facebook.

Die foto met ‘n byskrif “Wat is lewe sonder dood” #jag #lekerdieslife #pussyhunting #goedae #hunterhunted, het ook verdere kommentaar van sy volgelinge ontlok.

kat

Die inskrywing is verlede Dinsdag gemaak maar weer Woensdag verwyder.

Teen dié tyd was dit klaar aan Laevelder gestuur.

Vir die ARTIKEL  op Laevelder se webtuiste,  klik op: Seuns sê jammer nadat hulle kat skiet

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button