EntertainmentLifestyle

Antjies vier Jeugdag

Die Herald het vrae uitgestuur na plaaslike skole in 'n poging om meer uit te vind wat kinders self van Jeugdag dink.

Kinders van Laerskool Dr Annecke het vrae geantwoord.

Op die eerste vraag van wat Jeugdag oor gaan, antwoord Janke Basson (Gr7) dat dié dag, volgens haar daar is om kinders te inspireer. Palesa Shiluvane (Gr7) gaan Jeugdag daaroor om die jeug van ons land te bemagtig en positiewe veranderinge aan te bring. Derdens sien Christof Joubert (Gr7) die dag as belangrik vir die toekoms van jong Afrikane.

Het die tweetjies enige jeugdige helde of rolmodelle? Janke sê beslis. vriendinne inspireer haar om die beste weergawe van haarself te wees. Palesa sê haar tannie Junnoth is haar rolmodel. Christof het geen jeugdige helde of rolmodelle nie.

Volgende is die kinders gevra of daar enige verandering is wat hulle in die jeug van ons land se naam wil sien aangebring word. Janke wil graag sien dat jong mense meer verantwoordelik word en Palesa wil meer fokus op die gevare van alkohol misbruik hê en ook graag sien dat kinders weer meer gelowig word. Christof weer, op sy beurt, wens vir meer werk en vrede in ons land.

Die Herald wou ook by die kinders weet of dwelms iets is waaroor plaaslike ouers bekommerd moet wees. Janke dink beslis so. Volgens haar is dwelms oral. Palesa stem saam, sy sê verder dat niemand weet wie hierdie dwelms verkoop nie.

Wat kan deur plaaslike ouers gedoen word om hierdie probleem te keer voor dit ‘n houvas op die jeug kry? Janke sê ouers moet aanhou met hul kinders praat en sekermaak dat hulle in kontak bly. Palesa dink ouers moet met hul kinders oor die gevare van dwelms en oor dissipline praat. Sy reken volwassenes moet kinders van die straat af en in die kerk hou. Christof meen ouers moet hul oë op hul kinders hou en enige sulke vreemde gewoontes aan die regte owerhede rapporteer.

Op die vraag waar, as hulle kon kies, die kinders Jeudag kon vier, antwoord Janke dat sy graag by Sun City sou wou wees saam met ‘n vriendin. Palesa sou graag in ‘n Soweto kerk haar Jeudag wou vier en Christof sou sy Jeugdag eerder in die Nasionale Kruger Park wou spandeer.

Die kinders is volgende gevra of daar genoeg aktiwiteite vir die kinders van Tzaneen is. Janke dink nie so nie. Volgens haar kan Tzaneen se kinders doen met ‘n fliek, ‘n kegelbalbaan, of ‘n ysskaatsbaan. Palesa reken meer jeug konferensies en pretdrawwe kan aangebied word, terwyl Christof meen ‘n staproete in die bos sal goed werk.

Laastens wou die Herald weet wat, volgens die kinders, die ouderdom is waarop mens amptelik as oud gesien word. Janke reken die koeël is na 35 deur die kerk, Palesa stem saam met haar, maar Christof is van mening mens is eers werklik op 80 oud.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button