CrimeNews

TZANEEN: Groot bedrogspul gefnuik

Samewerking tussen twee Tzaneense besighede het nie net daarin geslaag om ernstige bedrog te voorkom nie, maar sommer ook om die vermeende skuldiges, Elia Nkhumeleng (32) en Thapelo Rahlane (24) aan die pen te laat ry.

Steyn Steel in die ou industriĆ«le gebied het op Vrydag 13 Mei by Nkhumeleng ‘n telefoniese navraag na ‘n kwotasie vir ‘n vrag staal ontvang.

Die kwotasie vir die bestelling het neergekom op ongeveer R88 000. Die verdagte het ‘n bewys van betaling via e-pos deurgestuur maar die betaling sou eers teen die Maandag wys.

Verlede Maandag daag ‘n trok by Steyn Steel se perseel op en laai die bestelling. Teen Woensdag het die betaling steeds nie gewys nie en die personeel en bestuur van Steyn Steel het begin onraad vermoed. Elke keer wat hulle egter vir Nkhumeleng probeer skakel het, het sy foon direk na stempos toe gegaan.

Net toe die bestuur begin dink hulle gaan die verdagte Ć©n hulle staal nie weer sien nie, skakel hy Steyn Steel om weer ‘n bestelling te plaas. Hierdie keer vir ‘n bedrag van R298 000. Volgens Frikkie Schoeman, bestuurder van Steyn Steel, het die verdagte aan hulle gesĆŖ hy is woonagtig te Polokwane, maar uit die meegaande inligting op die e-pos, blyk dit toe dat hy die bewys van betaling van Nashua in Tzaneen Crossings af gestuur het.

Schoeman jaag toe dadelik Nashua toe. Daargekom hoor hy die bestuurder, Gerhard van Aswegen, is in Polokwane en hy is die enigste lid van die Nashua span wat die kodes het om die kringtelevisie beeldmateriaal oop te maak. Gelukkig vir Schoeman en Steyn Steel, het Nashua se op-en-wakker Calvin Shiviri die verdagtes gehelp en kon hy ‘n deeglike beskrywing aan Schoeman verskaf.

Schoeman is daarvandaan weer terug na sy perseel toe om die verdagte in te wag. By die perseel het hy in sy kantoor kaptein Johannes Sekoto, van die plaaslike SAPD, geskakel en hom van die nuutste verwikkelinge in kennis gestel. Sekoto vra hom toe om, wanneer die verdagte opdaag, die perseel se hek te sluit en die SAPD dadelik te laat weet.

Nie lank nie, of Schoeman se personeel lig hom in dat die trok sy opwagting gemaak het. Schoeman het dadelik die SAPD geskakel en afgehardloop om die perseel se hek te sluit.

“Dit was minder as tien minute, toe staan konstabels, Given Mthombeni en Arnold Mathons met ‘n vangwa voor ons geslote hek. Ek kan nie genoeg vir hierdie manne dankie sĆŖ vir hul flinke reaksie nie,” het Schoeman aan die Herald gesĆŖ.

Die drywer van die trok het hom probeer onskuldig hou en aan die SAPD gesĆŖ hy is deur ‘n onbekende man by Magic Build genader en R6 000 betaal om die vrag staal te gaan oplaai en te vervoer. Calvin Shiviri, van Nashua, se beskrywing van die verdagte wat die e-pos bestelling geplaas het, was egter so deeglik dat Schoeman die drywer dadelik herken het.

Kaptein Sekoto het die verdagtes saam met twee van sy polisiemanne laat wag terwyl hy Nashua toe is om die kringtelevisie se beeldmateriaal te gaan kyk. By die kyk van die beeldmateriaal was dit duidelik dat die drywer die man was wat die e-pos bestelling geplaas het en Sekoto het terug by Steyn Steel, die drywer en sy vermeende medepligtige gearresteer.

Terwyl Sekoto by Nashua was het die verdagte gepoog om van sy selfoon ontslae te raak deur dit in die perseel se badkamers se toiletbak te gooi. Schoeman het egter wakker geslaap en die foon weer herwin. Aangesien die verdagte sy bestellings telefonies by Steyn Steel geplaas het, is die selfoon ‘n belangrike bewysstuk.

“Sonder Jaco Oosthuizen hier by ons, die op-en-wakker Calvin Shiviri van Nashua, asook die ongelooflike reaksie spoed van ons plaaslike SAPD, sou hierdie week in ‘n ramp uitgedraai het vir ons,” het Schoeman aan die Herald gesĆŖ.

Tydens ondervraging op die perseel, het die verdagtes aan die SAPD erken waarheen hulle die staal afgelewer het in Tarentaalrand. Dit is tans nog onbekend of al die staal terug gekry is.

Volgens konstabel Glenda Maimela, media woordvoerder van Tzaneen SAPD, het die twee verdagtes Maandag in die hof verskyn, maar is die saak tot 30 Mei uitgestel.

Related Articles

Back to top button