Local sportSport

Letaba verower Thinus Nel trofee

Lannie Motors en 'n ou staatmaker, Paul Du Toit Senior, het die vlammetjie onlnags aangesteek met sy gebruiklike borgskap vir die Letaba eerstespan (Bosbokke) se nuwe truie.

Die gevolg daarvan was ‘n uithaler vertoning teen Pietersburg Dorp se eerste span in die eerste jaarlikse derby om die Thinus Nel Wisseltrofee.

Die spanne het mekaar hard gevat, maar vir eens het die manne van Letaba na hul afrigters geluister en by die wedstrydplan gehou deur die opponent terug te druk in hul eie gebied met JP Vermeulen se kanon voet. Dit was nie lank nie, of Letaba het sy eerste strafskop van net binne dorp se gebied gekry – Jp het dit sekuur getref en hoog deur die pale gejaag om die telling 3-0 temaak . Die boesem vriende op 10 en 12 het Saterdag mekaar goed verstaan en die manne dronk gehardloop. Kort hierna het Le Roy agter die pale gaan kuier en JP het vervyf om die telbord op 10-0 te laat staan. Daar moet melding gemaak word van Sven Hadin se verdediging vanaf die oopkant van die vassette. Hy het Dorp se losskakel die hele tyd onder druk gehou en so ook ‘n reuse aandeel daarin gehad om hulle agterlyn die hele tyd aan die verkeerdekant van die voordeellyn vas te pen.

Dit was as gevolg van dié druk dat Dorp ‘n swak geplaasde skop geskop het wat in JP se hande beland het. Wat ‘n juweel van ‘n drie vanuit sy eie helfte! Daar was lanklaas so ‘n individuele lopie op Letaba se rugbyveld gewees en die toeskouers was op hulle voete toe JP in die hoek oorgegaan en ook sommer die drie ook vanuit die hoek uit vervyf het. Die groot manne, dit is nou die vaste vyf, het met Thulanie Matonzi, wat seker sy beste wedstryd in die laaste vyf jaar gespeel het aan die voorpunt, so effektief skoon gemaak, dat dit nie nodig was om die bal deur die voorspelers te laat opvat nie. J Cee Swart het soos mes skoongemaak en die agterlyn kon laat loop doellyn toe.

Rugby is regtig ‘n ondankbare spel vir voorspelers. Dit is regtig nie regverdig om enige spelers uit te sonder in die voorhoede nie, alhoewel Thulane Matonzi die voorspelers se man van die wedstryd was. Dit is die groot rede hoekom die halftyd telling 31-5 in die guns van Letaba was, na nog ‘n drie deur JP Vermeulen en Le Roy elk. Die skopwerk was ook albei kere in die kol. Die twee manne het ongelukkig net voor halftyd te veel selfvertroue gekry toe Dorp se binne-senter tussen hulle deur is vir die enigste drie vir die teenstanders.

In die tweede helfte het die impak spelers, Eben Fichardt en Phanwell Inkuna, reuse veranderinge meegebring en kon Letaba nog drie maal gaan druk . Die vleuel, Brandon Ramatsoma, het ‘n prag drie met suiwer vaart onder die pale gaan druk en kort na dit, het die kaptein, Rudy Grobbelaar, in die hoekie gedruk nadat Phanwell ‘n puik lynstaan bal van Dorp afgeneem het. Gom Bvuma se drie was die gevolg van ‘n skitterende sker-beweging met Le Roy en ook onder die pale ook. Die ander jong manne wat ook op die veld gekom het, het indruk gemaak en die seisoen se kompetisie tussen die losvoorspelers is enorm. Dit is goed om te sien dat dit ook die beste uit die oumanne uitbring en die honger vir rugby terug sit. Dit is enige afrigter se droom. Die Klubbestuur wil dan ook net dankie sê vir Picasso (Johan Coetzer) wat die velde vir ons die naweek gaan sny het, asook vir Bianca vir die braai van die worsrolletjies.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button