LettersOpinion

My stem maak hopelik ‘n verskil

Ek gaan stem van Tzaneen skryf:

Sondagoggend het ek belsuit om net te gaan seker maak al my besonderhede is reg vir die groot stem op 3 Augustus.

Net om seker te maak. Ook maar goed want my adres het nie op die kiesersrol verskyn by die stemlokaal waar ek veronderstel is om te gaan stem nie.

‘n Vinnige invul van ‘n vorm sonder ‘n bewys van verblyf is ingevul.

Ek het my strepieskode plakker gekry. En nou tel ek die dae af na 3 Augustus.

Waar ek my kruis gaan trek is onrelevant, maar die hoop dat my kruis iewers op daardie stembrief ‘n verskil gaan maak is al wat nou tel.

Ry ek van die verkiesings stasie so deur die dorp hoop ek maar dat my kruisie ‘n einde sal maak aand die soveelste slaggat wat my kar se skokbreker met geduld deur drif.

Hawelose mense wat bedel vir ‘n aalmoes op straat hoeke, en ek wonder of hulle ook hulle kruisie dan gaan trek. ‘n Werkie en ‘n huisie is ons mos maar almal beskore, soos belowe.

Ek hoop om die Sondag koerant op te tel en met graagte die uitgawe te betaal, sonder om hom eerder neer te sit. Want hoofopskrifte lees net slegte-nuus-waarskuwings. Kospryse, petrolpryse, melkpryse, bedrog, Guptas, agterdog en skuldig bevindings

Ek wil nie kla met ‘n halwe brood onder die arm nie, maar die brood is eintlik lankal nie meer half nie.

As my kruisie dalk weer sal sorg vir ‘n hele brood en dalk ‘n helfte onder die ander arm, sal ek weet my kruisie het ‘n verskil gemaak.

Na 3 Augustus sal ons weet of daar ‘n nuwe deeg aangemaak is vir die oond. Ons sal die beslag fyn dophou. Ons sal kyk of hy goed rys en mooi bak.

Of dit nou ‘n wit brood of ‘n bruinbrood is, dit gaan nie saak maak nie, solank die brood jou versadig en ‘n rak lewe het, sal ek met die brood onder my arm kan loop en nie kla nie.

Related Articles

Back to top button