Editor's choiceLocal newsNews

Kiesers teleurgesteld en woedend

Honderde woedende en teleurgestele kiesers in Tzaneen, Phalaborwa en Hoedspruit het die HERALD se verskeie kantore geskakel weens hulle ongelukkigheid met die kiesersrol na die afgelope naweek se laaste registrasie naweek om te kan stem in vanjaar se munisipale verkiesing.

Op sosiale media het inwoners ook hulle misnoeë en teleurstelling laat hoor.

Sommige kiesers beweer selfs ongeruimdhede en doelbewuste pogings om ‘n sekere sigment van kiesers van die kiesers-lys te kry

By byna elke kieserslokaal in die omgewing, het kiesers gevind dat hulle heeltemal van die kieserlys verwyder is of dat hulle adresse ontbreek.

In sommige gevalle stem kiesers al dekades by dieselfde lokaal maar hulle name en/of adresse ontbreek heeltemal.

‘n Kiesbeampte het aan die Herald gesê dat die Hoofkiesbeampte van die Onafhanklike Verkiesings Kommisie (OVK) die kieserrol moet wysig as hy/sy oortuig is dat die kieser se besonderhede gewysig is, en nie korrek is nie, of, ‘n kieser de-registreer indien hy oortuig is dat die persoon nie meer kwalifiseer en voldoen aan die vereistes om te registreer as kieser nie.

Die OVK moet ‘n persoon in kennis stel van die kieswet voordat ‘n persoon van die kiersrol verwyder kan word.

Dit is duidelik dat die OVK dus nie die naam van ‘n kieser sondermeer van die kiesersrol verwyder sonder dat die voorgeskrewe prosedure nagekom is nie.

Kiesers kan beswaar maak van die kieswet teen die kiesersrol en die besware moet op die voorgeskrewe wyse gedoen en hanteer word.

Dit is dus duidelik dat indien ‘n kieser geregistreer is, al kort sy adres, kan hy nie van die kiesersrol verwyder word nie, sonder dat die voorgeskrewe stappe geneem is nie.

Kiesers kan nog steeds hul besonderhede nagaan by die OVK kantore voordat die datum amptelik geproklameer word in die Staatskoerant, wat sekerlik binne die volgende twee weke sal gebeur.

Die voorlopige datum is Woensdag 3 Augustus.

Wat staan jou te doen om seker te maak jy kan jou kruisie gaan trek:

Gaan jou registrasiebesonderhede na. Stuur jou ID-nommer na 32810 of skakel: *120*432#

Besoek die OVK-kantoor en gaan jou besonderhede na en pas aan waar nodig

Neem jou ID saam as jy gaan registreer. ‘n Bewys van adres is nie nodig nie. Jy sal wel inligting moet verskaf waar jy woon.

Besoek elections.org of skakel: 0800 11 8000.

Doen die regte ding, jou kruisie tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button