Editor's choiceLocal newsNews

Vuurwerke versuur inwoners

Talle lede van die Tzaneen gemeenskap is duidelik ongelukkig oor die vuurwerke wat afgeskiet is gedurende nuwejaar.

Op ‘n bekende Facebook blad is daar talle foto’s van verlore en angsbevange troeteldiere geplaas asook boodskappe van eienaars wat troeteldiere soek.

Daar was ook gemaan om nie vuurwerke te skiet nie, aangesien daar ‘n hoë risiko en brandgevaar is.

Dit maak dit moeilik vir die owerhede om ook die verskil tussen ‘n geweer skoot en vuurwerk te onderskei.

Al is daar sekere reëls verbonde aan vuurwerke, is dit nie onwettig nie.

Volgens Melissa Strydom wat meer kennis het van die munisipale wet, kan vuurwerke slegs onwettig verklaar word in ‘n munisipale area as die munisipaliteit ‘n wet instel op die huidige reëls van die munisipaliteit.

Die wet kan net ingestel word met die gemeenskap se samewerking.

Vorige jare was vuurwerke op die skougronde geskiet maar dit is ook gestop.

Pieter Human van die Rugby-klub sê enige persone wat vuurwerke skiet op die skougronde het nie toestemming nie en kan in die moeilikheid beland.

Die gemeenskap kan hulle stories na melissa@century21tzaneen.co.za toe stuur wat saam met ‘n petisie ingehandig sal word in ‘n poging om die wet te verander.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button