Editor's choiceLocal newsNews

Geen diens by hospitaal

'n Ma is ontsteld oor die swak diens wat haar siek kind by die CN Phatudi hospitaal in Maake, Tzaneen, ontvang het.

Matsie Mabila, se seun het Vrydag 4 September by CN Phatudi se ongevalle eenheid beland, na hy per ongeluk epilepsie pille gedrink het wat eintlik vir grootmense bedoel was.

By hul aankoms (ongeveer 13:00) moes hulle hoor daar was nie genoeg dokters aan diens nie en moes hulle maar geduldig saam met ander pasiƫnte wag om gehelp te word.

Mabila se seun is eers teen ongeveer 17:00 deur ‘n dokter gesien waarna hy dadelik opgeneem is.

Volgens Mabila was daar die volgende dag, toe sy opgedaag het om vir haar kind te gaan kuier, geen drinkwater of water vir storte beskikbaar nie.

Sy het haar kollega (wie se identiteit aan die Herald bekend is) gevra om water van die huis af te bring, sodat sy self haar kind kon was.

Pasiƫnte is ook slegs 12:00 die middag gevoer, waarna hulle eers weer die volgende dag om 12:00 kos gekry het.

Mabila se seun is die Sondag eers ontslaan.

Volgens haar kollega, is hierdie ‘n ou storie en het sy self al ‘n stel met die hospitaal afgetrap, waar dit swak (of geen) dienslewering betref.

Haar eie suster het twee jaar gelede na ‘n kort siekbed by die hospitaal onverwags gesterf.

Herald kon na talle probeerslae steeds nie daarin slaag om ‘n woordvoerder van die hospitaal op te spoor nie.

Related Articles

Back to top button