Local newsNews

Bekendes vier ook Braaidag

In die gees van braaidag was Letaba Herald nuuskierig om te weet wat sommige bekende mense aanvang op die besondere dag.

Charlene Brouwer, van ‘Dis ek, Anna’- faam, het vertel van hulle braaidag en gunstelinge disse.

Ongeag van Braaidag, braai Charlene en haar man, Niel van Deventer, meeste van die tyd.

Beide hou meer van die smaak van kos oor die kole.

Die paartjie is onlangs getroud, maar dis duidelik dat braai al klaar ‘n tradisie is en hulle gunsteling tyd om alleen te wees.

Hierdie jaar vir braaidag moet hulle eers gaan oë wys by ‘n kos-en wynfees in Pretoria maar sal beslis daarna braai.

Charlene eet nie vleis nie, maar wel vis.

“Ek dink die jaar gaan ons dit vat soos hy kom, dalk French Toast braaibroodjies!” sê Charlene oor die geregte wat hulle beplan.

Haar gunsteling gereg is gebraaide haloumi kaas.

Charlene sê: “Mens gooi dan die kaasrepies oor jou slaai of broodjie of eet dit sommer net so.”

Sy en haar man is ook lief om sampioene met knoffelbotter te braai.

As bykos hou Charlene daarvan om aartappelslaai te maak, maar nie die gekoopte soort nie, sy sê dit werk net as mens dit maak met tyd en liefde.

Wat wel nie werk nie, volgens Charlene, is gebraaide nageregte.

Party dinge los mens net daar!Verlede jaar het hulle groot pret gehad op Braaidag: “Ons het ‘n reuse braaidag by ons huis gehou saam met vriende. Ons het ontbyt gebraai, middagete en aandete terwyl almal geswem en gekuier het,” het Charlene vertel.

Al eet Charlene self nie vleis nie, laat haar man haar darem toe naby die kole om ‘n vleisie te seël.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button