Local news

Sakekamer kry les oor ingesteldheid

Die Tzaneen-sakekamer het Vrydagmiddag by Tzaneen Country Lodge ontmoet waar lede oor die regte ingesteldheid vir sukses toegespreek is.

Spreker Tommie Landman is ‘n plaaslike ingesteldheidsafrigter wat deur die Proctor Galagher Insituut gesertifiseer is. Landman is ‘n oud-Antjie en het by Merensky Landbou Akademie gematrikuleer. Hy het van 2011 tot 2022 as voorstitter van die Landmangroep gedien waarna hy sy nuwe loopbaan as ingesteldheidsafrigter begin het.

“Ek het my lewe lank gesoek na die resep vir sukses en het op hoërskool vir ‘n vriend gesê dat dit iets is wat ek wil bepaal. Twee boere kan langs mekaar boer, die een is suksesvol terwyl die ander een sukkel. Wat bepaal dit?” het Landman verduidelik.  Landman is elke Woensdag om 17:30 vir regstreekse konsultasies op sy Facebookblad, Evolving Wisdom, beskikbaar.

Lees ook: Sakekamer vereer dorp se bestes met toekennings

Belangstellendes kan hom by 082 804 4736 skakel of by tommie@ landmangroup.co.za e-pos. OK Minimark Tarentaalrand en Tzaneen Country Lodge was die borge van die sake-ete. Die sakekamer se volgende geleentheid is ‘n rolbaltoernooi op 19 September. Eddie Simpson en Chery Tzaneen is die borge van die geleentheid en kostes beloop R1500 per span met vier spelers.

Elke span kan twee baniere op die baan vertoon. RSVP teen 17 September by www. tzaneenchamber.org.za/rsvp of skakel Jannicke Coetzee by 083 280 9723 vir meer inligting

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button