Local news

Zoé jaag haar drome in die groot stad

Zoé Jacobs, 21-jarige ‘n sanger, liedjieskrywer, kunstenaar en aktrise van Tzaneen jaag haar droom om op die verhoog te wees in die ‘groot stad’ na.

“Ek probeer my beste! Ek is op die oomblik ‘n au pair om seker te maak daar is genoeg om my maandelikse uitgawes te dek en dan tree ek elke kans wat ek kry om te sing op,” sê Zoé. Haar liefde vir musiek en entertainment is al van kleins af duidelik. “Ek het op tweejarige ouderdom al begin met dansklasse en was nog altyd lief vir musiek. Regdeur my skooldae was ek mal oor programme soos Hanna Montana en High School Musical. Musiek is nog altyd deel van my lewe.”

Sy het haar laerskooldae by Laerskool Tzaneen geniet en het van gr. 1 af aan elke kultuuraand deelgeneem. Sy het ook by Hoërksool Ben Vorster haar liefde vir musiek uitgeleef met sanglesse by René Mynhardt en koorsang en klavierlesse by Phillipa Vorster. Na skool het sy vir twee jaar as kunsstudent klas gegee saam met Griesel. “Dit het my tyd gegee om my passie te vind. Ek is ‘n kreatiewe persoon en het in daardie tyd die Zoé Musiek-Instagramblad begin het.

Also read: Zoë on her way to the top

Ek het liedjies in Afrikaans oorgeskryf en op sosiale media gedeel, ‘n week later toe bel ‘n platemaatskappy my om op Doodgewone Jo se show op te tree,” vertel sy ‘n Week na haar optrede het ‘n platemaatskappy haar geskakel. Hulle het dit duidelik gemaak dat hulle net sangers aanneem wat hulle eie liedjies skryf. “Ek het in afperiodes in die kunsklas by Ben Vorster liedjies geskryf.” Sy het in 2022 drie liedjies wat sy self geskryf het, opgeneem.

Met die vrystel van Crazy Meisie, Liefhê en Hier het haar musiekloopbaan begin sneeubal en het haar musiek begin om die harte van haar gehoor te steel. Sy het sedertien by talle feeste opgetree en het saam met Neon Dreams hulle bekende liedjie, Life Without Fantasies, gesing. Zoé het in die laaste jaar ook by Melkfest, skolefeeste, Aardklop en saam met Spoegwolf op Loftus opgetree. Sy het ook saam met haar orkes by die Warmfees op Tzaneen opgetree.

“Dit is vir my nog ‘n aanpassing om in die stad te wees. In Tzaneen is ek famous. Ek is mal daaroor, mens moet eers famous wees in jou tuisdorp. Kinders vra soms vir my handtekening!” vertel sy. “Baie mense het vir my gesê dit vat sewe jaar om dit te maak as ‘n sanger. Ek probeer om elke geleentheid aan te gryp en elke naweek op die verhoog te wees. Musikante se hoofbron van inkomste bly steeds optredes, al kan mens ‘n geringe inkomste op stroomdienste verdien,” sê sy.

Stuur ‘n e-pos na zoemusiek@gmail.com om Zoé en haar orkes te bespreek en hou ‘n ogie op haar sosialemediabladsye om te sien waar Zoé volgende optree.

Related Articles

Back to top button