Editor's choiceLocal newsNews

Plaaslike bok haal R2,4 miljoen

‘n Omset van bykans R50miljoen is verlede Vrydag tydens die jaarlikse Benchmark Game Breeders Wildveiling behaal.

Die veiling is deur Vleissentraal by Castle de Wildt, net buite Modimolle, aangebied.

’n Totaal van 216 volwasse en 20 onvolwasse diere het onder die hamer gekom.

Hoewel die rekordpryse van die verlede nie behaal is nie, was die hoogtepunt ongetwyfeld Hannes Maree van Tzaneen se dragtige Zambiese swartwitpensvers wat vir R2 400 000 aan Tina de Jager van Valley Venture verkoop is.

Volgens Niel Swart, afslaer van die veiling, kan die sukses van die veiling daaraan toegeskryf word dat verkopers meer realisties was en bereid was om die pryse van die dag te aanvaar en hulle diere te verkoop vir die huidige markpryse.

Van die ander noemenswaardige hoogste pryse wat behaal is sluit in R325 000 vir ‘n njalabul, R350 000 vir ‘n dragtige swart rooibokooi van ‘n saalrugram, R900 000 vir ‘n swartwitpens Zambies kruisbul, R450 000 vir ‘n bastergemsbok dragtige vers, R600 000 vir ‘n buffelvers, R1,7miljoen vir ‘n swartwitpens Zambies bul en R1,5miljoen vir ‘n swartwitpens Wes Zambies Kruis dragtige koei-en-vers.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button