Editor's choiceLocal newsMunicipalNews

Phalaborwa waardasierol ‘n klug

Die nuwe munisipale tariewe saam met die implementasie van die nuwe eiendomswaardasies het verlede week huiseienaars se bloed laat kook toe hulle hul eerste rekeninge ontvang het.

Verskeie huiseienaars het ‘n groot skok gekry toe hul erfbelastings met ‘n gemiddeld van 100 – 400% verhoog is.

Volgens Manie Kriel, voorsitter van die plaaslike Besigheidskamer, verwerp hy die waardasie rol in sy geheel.

“Ek stel voor dat mense slegs 10% by die bedrag voeg wat hul gewoonlik aan belasting sou betaal en dan ‘n brief saam indien om beswaar aan te teken” het Kriel gesê.

“Die belaglikheid is dat ‘n leë erf vir R1miljoen gewaardeer is en die groot huis langsaan R1.4miljoen; daar is mos nie ‘n vergelyking nie,” voeg Kriel by.

“My eie huis se belastings het R642 per maand beloop in die verlede en is nou R2 537 per maand, dit is ‘n 395% verhoging!” het hy gesê.

‘n Ander eiendom het ‘n gewone woonhuis en ‘n aantal klein woonstelletjies op en die hele eiendom is vir R700 000 gewaardeer, dit wys op die onkonsekwentheid van die proses wat gevolg is.

Jayne Williamson, nuwe voorsitter van die Phalaborwa tak van Afriforum het in ‘n onderhoud gesê dat sy van plan is om verder te baklei vir die inwoners wie aan haar die mandaat gegee het om dit namens hulle te doen.

Dieselfde proses gaan gevolg word om besware teen die waardasie-rol aan te teken, aangesien Afriforum reeds sukses behaal het vir ‘n aantal inwoners.

Inwoners word aangemoedig om nie die nuwe belastings gelate te aanvaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button