Local sportSport

Harde werk word beloon

Die gimnaste van Zanis Gimnastiek Akademie het meer as 100 medaljes ingepalm tydens die onlangse North Zone- en Gym Games-kompetisies.

‘n Totaal van 129 gimnaste van Polokwane, Tzaneen, Musina, Vivo en Hoedspruit het aan die kompetisies deelgeneem en altesaam 111 medaljes is gewen waarvan 46 goue, 42 silweren 23 bronsmedaljes is. Van Zanis Tzaneen het 25 gimnaste deelgeneem aan die kompetisies. Die North Zone-kompetisie het op 29 en 30 September by Matsport, in Pretoria en by Junxion in Johannesburg plaasgevind.

Die Gym Games se artistiese gimnastiek vir seuns en meisies en ritmiese gimnastiekkompetise het ook by Matsport en by die Universiteit van Witwatersrand van 29 September tot 5 Oktober plaasgevind. “Ons gimnaste het uitstekend gevaar en soos ware kampioene opgetree. Harde werk gee vir ons goeie resultate,” sê afrigter, Sanja Pretorius. In die vlak een-artistiesekompetisie het Gabriella Loucao en Mika Coetzee ‘n silwermedalje gewen. Emma Kruger, Emily Coertzen, Elri Coetser, Zara Prinsloo en Nina Roode wen bronsmedaljes.

Lees ook: Jong gimnaste in aksie by Zanis-prysuitdelingsfunksie

In die vlak twee-kompetisie wen Huibri Engelbrecht en Islay-Rose Strever elkeen ‘n silwermedalje en Strever vat vierdeplek algeheel asook tweedeplek op die brug. Mia Venter, Talila Coetzee en Morgan Martins wen bronsmedaljes. Venter vat ook derdeplek in spronge. Die vlak drie-gimnaste het uitstekend gevaar met Inge Jansen van Vuuren en Anikah Collins wat elkeen ‘n goue medalje inpalm. Jansen van Vuuren vat algeheel eersteplek uit 20 gimnaste. Collins vat ook algehele eersteplek in die balk, eersteplek in die brug en tweedeplek in die vloer-item.

Amber Hoadley wen ‘n bronsmedalje. Mari Bruwer neem aan die vlak vier-kompetisie deel en vat 59de plek uit 89 gimnaste. In die vlak een-artistiesekompetisie vir seuns wen Dylan Kardos ‘n goue medalje en vat hy algehele derdeplek. Hy vat ook tweedeplek in die sprongekompetisie. Nathan Wiggil wen ‘n goue medalje en vat algehele tweedeplek. Hy vat ook eersteplek in die vloeritems en tweedeplek in die parallelbrug.

Lees ook: Na hope medaljes rig Sanja nou af

Herman le Roux wen ‘n goue medalje en Wian Engelbrecht en Diaan O’Connell wen elkeen ‘n silwermedalje. Die vlak drie-gimnaste doen ook goed met Luc Coertzen, Milan Coertzen en Dawid Fourie wat elkeen ‘n goue medalje wen. Milan vat tweedeplek in die parallelbrug en Fourie vat derdeplek in dié item. Fourie vat ook die algehele derdeplek. Jurich Coetzer wen ‘n silwermedalje en vat tweedeplek in die parallelbrug. Caleb Fox neem aan die vlak twee-kompetisie deel en wen ‘n silwermedalje.

Related Articles

Back to top button