Local sportSport

Letaba nooi die oudste Oumanne uit

Letaba Rugbyklub sal hulle jaarlikse Oumanne vs Jongmanne-rugbydag op 7 Oktober aanbied by die klub se velde en die oudste Oumanne word ook genooi om deel te wees van die dag.

Dippies de Beer, voormalige klubspeler, voorsitter en president, sê hy nooi graag die “ougoed” om deel te wees van die dag. “Ons wil graag vir die Oumanne wat meer as 50 jaar gelede deel was van die ou Tzaneenklub en ou Letaba- of Letsiteleklub nooi om saam met ons die gees van rugby te vier,” sê De Beer.

Die oudste Oumanne word genooi om van 14:30 by die klub bymekaar te kom. Die wedstryd skop om 15:00 af en die eindfluitjie behoort teen 17:00 te blaas. Die vreugdevure sal gedurende die wedstryd hoog brand met ‘n plankievleiskompetisie wat op die kantlyn beplan word.

Lees ook: Zoë on her way to the top

Inskrywings kos R50 en die wenprys is ‘n R1000- koopbewys by die Bosbokkroeg. Lukas Groenewald, oudkoerantman en oud-speler sal die seremoniemeester wees by die geleentheid en daar word beplan om teen18:00 ‘n prysuitdelingsgeleentheid te hou .

Oudste Oumanne kan Dippies de Beer skakel by 078 538 3508. Oumanne wat wil speel kan Carel O’Neill skakel by 079 693 2292. Skakel Gawie du Plessis by 083 299 9797 om vir die plankievleiskompetisie in te skryf.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button