EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Rocco tree hier op

Die gewilde pianis, Rocco de Villiers tree Vrydagaand in die saal van Hoërskool Ben Vorster op.

Die vertoning teen R130 per persoon, begin om 18:30 vir 17:00. Verversings sal daarna te koop aangebied word.

Rocco bring nie net ‘n versameling van die mooiste musiek ter wêreld nie, maar ook ‘n nuwe “best of” vrystelling van die mees gewilde, gesluisterde snitte van sy vorige 4 albums, nl: Beautiful Beautiful Piano, More Beautiful Piano, Stunning en die mees onlangse Countrykeys. Elke snit deur die gehoor gekies.

Music Box Dancer, You Raise me Up, How Great Thou Art, Edelweiss, Kla 1 Kla 2 Kla 3 Kla 4, Anna Aeroplane, Chariots of Fire, Jim Muller keurspel, is net ‘n paar van die stukke waarna die gehoor kan uitsien.

Op sy eie unieke manier – Een Rocco, een klavier, een pak klere – maar soveel meer.

Rocco se cd’s, DVDs en bladmusiek vir klavier is beskikbaar by die deur.

Navrae kan gerig word aan Tercia Loots by 015 307 4490.

Related Articles

Back to top button