EntertainmentLifestyleLocal newsLocal sportNewsSport

Dinamus bied krieketdag, basaar aan

Hier kom iets groots!

Op 18 Julie  bied Dinamus Gemeenskapskerk die eerste jaarlikse TPL (Tzaneen Premier Liga) kriekettoernooi en basaar aan op die gronde van Laerskool Tzaneen.

Die eregaste op die dag is André Nel (Oud-Protea) en Pierre Joubert (Oud-Titan).

Die toernooi het ‘n 6-aan-‘n-kant, 5 overs elk formaat met ‘n wedstryd wat ‘n maksimum van ‘n uur is.

Daar is reeds 14 oop spanne ingeskryf almal uit die gemeenskap van Tzaneen (met plek vir moontlike verdere twee spanne).

Saam met die krieket is daar hope te eet en te drink en te geniet:

Skaap op die spit / braaivleis met pap en sous, kerrie en rys, boereworsrolle, “Yankees”, slap-“chips”, pannekoek, vars gebak, ‘n “Coffee-Shop”, biltong en droëwors, koeldrank, sap.

Biertuin met die Springbokke teen die Engeland Rugby op grootskerm.

Springkasteel, die “Big Slide”, die “Rocket”, gesigverf, speelarea, kwaliteit handwerk (gemaak deur kinders met leergestremdheid).

Wit Olifant-verkoping, Vars groente/vrugte, en wat nog alles.

Die eerste wedstryde begin 08:00 en die stalletjies maak oop 09:00am en alles hou heeldag aan.

Bring die gesin, kom honger en geniet ‘n dag vol pret en plesier!

Vir navrae of om ‘n span in te skryf skakel Dinamus gedurende kantoorure by (015)307-7062 of Johann by 0828231074.

Related Articles

Back to top button