Local news

Sakekamer vereer dorp se bestes met toekennings

Die Tzaneen Sakekamer het Woensdagaand tydens hulle prestige-prysuitdelingsfunksie by Hotel@Tzaneen die dorp se bestes vereer met toekennings.

Muis Joubert van PPS Vervoer het die groot toekenning van die geleentheid gewen en is aangewys as die sakekamer se besigheidspersoon van die jaar.  “PPS is sedert 2009 in die bedryf en het as ‘n klein besigheid begin. Muis het die geleentheid gehad om die Tzaneen-tak met behulp van ‘n belegger te koop,” vertel voorsitter van die sakekamer, Donovan Lewis. Die besigheid het met tien personeellede begin en een tenkertrok, tans is daar meer as 60 mense in diens en is daar 13 tenkertrokke.

Lees ook: Stress release at the Tzaneen Chamber of Commerce luncheon

Trevor Phillips, Annchen Loughor-Clark en Lillian Tattersall ontvang
toekennings vir uitstaande diens tot die gemeenskap

“Muis, sy vrou Monica, en seun, Muis Jnr, werk saam en behandel kollegas soos familie,” vertel Lewis tydens die oorhandiging van die trofee. “Hul kliënte sluit boere, vervoermaatskappye en landelike vulstasies en besighede in. PPS is nou betrokke by die gemeenskap en dra by tot liefdadigheidsorganisasies en plaaslike skole in die omgewing,” het Lewis gesê.

Dr Larissa Odendaal van Serala Diereklinkiek ontvang die trofee vir
die vriendelikste besigheid van die jaar. By haar is Tommie Richards,
bestuurder van Absa se Tzaneen-tak en Donovan Lewis, voorsitter van
die Tzaneen Sakekamer.

Precious Mvelase van Zen Spa & Rasul ontvang die toekenning vir die ontvangsdame van die jaar. Mvelase word beskryf as ‘n ware ambassadeur vir die besigheid en is altyd goed geklee, vriendelik en behulpsaam. Trevor Phillips, Annchen Loughor-Clark, Melissa Strydom en Lillian Tattersall ontvang elkeen ‘n toekenning vir uitstaande diens tot die gemeenskap. Carin Brummer en Freedom Mthetwa ontvang elkeen ‘n sertifikaat en deel die toekenning vir die openbare amptenaar van die jaar.

Oupa Mamabolo van die SABC het die bestuurder van die jaar-trofee ontvang en Serala Dierekliniek
is aangewys as die vriendelikste besigheid van die jaar. Dwayne Laubscher van Da Sushi House wen die trofee vir die opkomende entrepeneur van die jaar. Lewis het Tommie Richards, bestuurder van Absa Tzaneen en hoofborg van die prestigeprysuitdelingsfunksie, Lané Kruger van Hotel@Tzaneen bedank vir die uitstekende kos en die Herald vir hul reklame en ondersteuning.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button