GalleriesSchools galleries

Laerskool Dr Annecke open splinternuwe sportfasiliteit.

Die Antjies se graad 7’s het in die Letsitele-hitte hulle eerste pret netbal- en hokkiewedstryde gespeel op ‘n splinternuwe veelsydige astrobaan.

Die hoof, Gerhard Venter het tydens die geleentheid gesê: “In elke skool se geskiedenis kom bakens tot stand wat doelgerig rigting gee aan die skool se visie. Hierdie baken, die Antjies-astrobaan, was eens net ‘n droom, beskore vir ander skole. ‘n Bestuurspan en gemeenskap vir wie die belegging in ons jeug ‘n prioriteit is, en getrou is aan ons skool se tradisie van “Wil en Kan”, het egter hierdie droom omskep in ‘n sonderlinge realiteit. Mag hierdie pragtige sportfasiliteit ook ons leerlinge se drome verwesenlik en gestand doen aan die visie: “Hier word ons gelukkig groot!”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button