CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Hoë-spoed jaagtog deur Tzaneen

Northern Sekuriteit was deel van 'n hoë spoed jaagtog Saterdag, gedurende die vroeë oggendure.

Marius Jacobs, werknemer van Northern Sekuriteit, het bystand gelewer aan ‘n besigheid in Agathastraat wat laataand gesluit het.

Louis Naudé, direkteur van Northern Sekuriteit, het saam met Jacobs, die aandpatrollie gedoen.

Jacobs en Naudé het hulle patrollie voortgesit, toe hulle in Boundarystraat afgekom het op ‘n wit Hyundai bakkie wat verdag lyk.

Aanvanklik het hulle gedink die bestuurder is onder die invloed, toe dieselfde kliënt aan wie hulle bystand verleen het, die bakkie probeer vaskeer.

Hy het Jacobs, ingelig dat dit sy bakkie is wat gesteel is.

Jacobs het die verdagte begin jaag in Essenhoutstraat.

Dis toe dat hulle Andrei Horn, wat ook vir Northern Sekuriteit werk, skakel om die verdagte te blokeer.

In Tambotistraat het die verdagte paniekerig geraak en die bosse in gery.

Jacobs het hom gevolg.

Die bestuurder van die gesteelde bakkie, het teen ‘n boom vasgery en gevlug.

Die voertuig het duisende rande se skade maar is terug gekry.

Pieter Venter en Ben Mundell van Letaba Alarms het ook help soek na die verdagte.

Daar was ‘n inbraak by ‘n Atchar fabriek, op die Lydenburgpad, en dus kon die SAPS nie onmiddellik help nie.

‘n Inwonder van die kompleks waar die bakkie gesteel is, was oppad om te gaan oefen toe hy ‘n verdagte rooi Mercedes saam met die bakkie gewaar.

Die verdagte is nog nie vasgekeer nie.

Hulle is op die uitkyk vir die rooi Mercedes en enigiemand met meer inligting kan Marius Jacobs skakel by 079 898 4539.

Related Articles

Back to top button