Editor's choiceLocal newsNews

Anri ontvang gesamentlike doktorsgraad

Anri Landman, voormalige hoofmeisie van Laerskool Dr Annecke en Hoërskool Ben Vorster het op 25 Maart 'n gesamentlike doktorsgraad ontvang van die Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Antwerpen in België.

Anri het reeds vroeg bewys dat sy nie net ‘n bekwame leier is nie, maar ook ‘n akademiese uitblinker.

Hierdie oud-Dux-leerling van Dr Annecke is later in haar graad 12 jaar aangewys as vierde beste presteerder in Limpopo.

Nadat sy haar BA in visuele kommunikasie ontwerp aan Maties behaal het het sy haar vlerke gesprei en ses maande in Auroville in die suide van Indië gaan werk.

Die konsep daar is gebaseer daarop dat die mensdom moet leer om as eenheid, in vrede met mekaar en die omgewing moet leef, ongeag die diversiteit wat tussen hulle bestaan.

Auroville is in 1966 deur UNESCO geloods en is vandag die enigste internasionale projek van sy soort.

Daar word ook ge-eksperimenteer met volhoubare leefwyse en die toekoms van kulturele, omgewings, sosiale en spirituele behoeftes van die mens.

Haar ervaring in Auroville het Anri aangemoedig om haar verder te bekwaam in die veld van volhoubare bestuur.

Tydens haar terugkeer na Suid Afrika het sy die grade BPhil en MPhil (volhoubare bestuur) aan die Universiteit van Stellenbosch cum laude geslaag.

Sy is met ‘n beurs van die Europese Unie se Erasmus Mundus program aan die begin 2012 vir ses maande na België waar sy met haar doktorale navorsing aan die Universiteit van Antwerpen begin het.

Dié graad is gesamentlik deur bg twee universiteite aan haar toegeken.

Anri werk deesdae as konsultant en projekbestuurder hoofsaaklik vir die Southern African Food Lab.

Prof Scott Drimie, direkteur van die Food Lab asook een van haar studieleiers, sê die volgende oor Anri: “I have cherished working with Anri these past few years.

“She has pushed me both intellectually and as a person.

“It is a great pleasure watching how she makes her way in the world.

“The other day she moved with ease from running through a complex analysis of challenges in the agrarian system to talking clearly and confidently with two smallholder farmers from Mopani. Such ability is very rare”.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button