Sport

Letaba jagters vat groot pryse huis toe by gedenkskietdag

Die Bosveld Jagters- en Wilbewaringsvereniging (BJV) se Letabatak het Saterdag hulle jaarlikse rondomtalie gedenkskietdag aangebied.

Die dag word al vir meer as 10 jaar aangebied by die Letaba-tak se skietbaan ter ere van afgestorwe lede en vanjaar het 48 skuts die uitdaging aangepak. Ses dissiplines is aangebied waarvan die senterslag en randslag verpligtend was en die skuts kon kies tussen handwapen, kleiduif en boog of al drie as addisionele opsies.

Pieter Meyer het die groot prys, ‘n .22-250 Howa Bull Barrel ter waarde van meer as R13 000, geborg deur Tactical and Outfitter gewen.
Waldo le Roux het die kleiduif-divisie gewen en Francois Malan wen die boogdivisie. Alwin Fleischmann het met die louere weggestap in die pistool-kompetisie en Jahdin Fleischmann wen die senterslagdivisie.

Also read: Rugby kraai koning in opwarmingswedstryde

Joubert Fleischmann het in die randslagafdeling eersteprys gewen en Alwiné Fleischmann het die prys gewen vir die beste vroueskut. Pryse ter waarde van R25 000 is deur Tactical and Outfitter geborg. Die BJV se ledevergadering sal 5 Mei by die Letaba-klubhuis aangebied word. Op 7 Mei sal daar ‘n praktiese skietdag aangebied word wat kleiduif-, handwapen- en vlakteskiet-dissiplines insluit. Skakel Liesel Roos by die BJV Letaba-tak se kantoor op 071 871 4710 vir meer besonderhede.

Related Articles

Back to top button