Local newsNews

Groot ‘goue’ jaar vir Letsitele se R10

Die wêreldbekende R10 Brahman-stoet het Saterdag 'n produksieveiling aangebied in Bela-Bela by die Warmbad Veemark ter viering van hulle 50ste bestaansjaar.

Die stoetery in Letsitele is gefokus op die teel van uitstekende vroulike lyne en ook prag-bulle en het al menigte kampioene op die toplandbouskoue vertoon. Die hoogste bod van die dag is op lot sewe; ‘n vyf-in-een aanbod met R10 Stella Manso (dragtig Mr Tokka Manso), ‘n verskalf asook twee embrios wat vir R425 000 verkoop is.

Christian de Jager van O’LaLa Brahmans het dié spoggenetika aangekoop. R10 Mr New Year, ‘n wit Brahman bul is vir R300 000 aan Lourens du Plessis van Louma Boerdery verkoop. “Ja sowaar ons is 50 jaar in die Brahman-bedryf. Dit klink lank, ja miskien as jy in ‘n ander bedryf is, maar as jy Brahmane teel gaan 50 jaar gou verby. Heeltemal te gou,” vertel Llewellyn Labuschagne, eienaar van R10 Brahmane.

Llewellyn vertel dat die gemiddelde leeftyd van ‘n stoetteler in Suid-Afrika drie en half jaar is, maar R10 probeer nog. “As ons nie vir 50 jaar
ondersteun was nie, was ons al lankal uit die bedryf. “Ons doelstellings en teikens het ons sowaar bereik. Ons beeste word geteel op prestatsiedata. “Oor die jare was ons stambome was ons hoeksteen, ons strukturele korrektheid, loopvermoë en gehardheid het ons gehelp om in agt Afrikalande en Australië ‘n voetspoor te hê.

Also read: Mark na die Ooste oop vir suurlemoene

“Ons het diere geteel wat in Afrika werk en ons het dit alles reggekry omdat ons beskeie was en naverkoopdiens bly lewer het,” vertel Llewellyn. “Al ons diere word teruggeteel na die heel beste koeilyne in die wêreld. Ons kudde kom uit tien oorspronklike koeie,” sê Llewellyn. Hy voeg by dat vir elke bul wat hulle aangekoop het hulle eers die ma wou sien voor hulle die bul gebruik het.

Vir hom is dit ‘n riem onder die hart dat sy kleinseun, Llewellyn, sy eie ding doen en 25 verse verkoop het op R10 se 50ste herdenkingsveiling. “Dit maak my jaar nog groter,” sê hy. Llewellyn het sy vrou, Corrie, wat elke dag skouer-aan-skouer saam met hom aan R10 werk, bedank. “Alles wat jy vandag sien is sy.

Corrie is deel van alles by R10; die beplanning, bestuur, dokter van siek beeste, parings en nog meer,” vertel hy. Hy het ook sy kopers en vriende by alle beesrasse oor die laaste 50 jaar, sy personeel en werknemers en Audrey de Vries vir die advertensies en promosie van R10, bedank.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button