LettersLocal newsNewsOpinion

Sit handjie by en wees trots

Spring self in van Tzaneen, skryf:

Hiermee gooi ek ook my stuiwer in die spreekwoordelike armbeurs.

Is ons gemeenskap dan nou so in ‘n Derde Wêreld-groef vasgeval dat ons self nie meer ‘n blou duit omgee hoe dit om ons lyk nie.

Om slegs ‘n paar voorbeelde te noem: Op die hoek van Boundarystraat en die pad wat die dorp verlaat, rigting Agatha-Modjadjiskloof lyk dit vieslik.

‘n Parkeerterrein voor ‘n sentrum in Loopstraat word omsoom met lang gras. So is daar verskeie sypaadjies voor privaat huise wat ook maar self versorg kan word.

Ja, ons weet almal dat die munisipale werkers wat veronderstel is om die sypaadjies instand te hou of staak, of nie toerusting het nie, of net eenvoudig te sleg is.

Wat sal dit verg van die publiek of instansies daar naby om te help om die sypaadjie self netjies te maak?

Netjiese sypaadjies help tog uitdra aan ‘n instansie of besigheid of inwoner se beeld, veral in die oë van besoekers aan die dorp.

As die gras om die sypaadjie soos ‘n toneel uit The Lion King of Jungle Book lyk, maak ‘n plan.

Sny die gras, praat met jou buurman, huur ‘n bossiekapper – doen net iets, want ons mooi dorp lyk slordig!

Dis na my mening hoekom almal so lekker in die Derde Wêreld woon. Want los dit maar so, dis ‘n ander ou se werk, nie myne nie!

Gereeld sien ek mense goed by hulle voertuie se vensters uitgooi.

Papiere, skille …. deur alle mense: Tannies met fêncy sonbrille in fêncy groot 4×4’s; ooms in dubbelkajuit bakkies wat lyk soos gesiene sakemanne van die dorp.

Ja… (sug) dis eintlik so agterklas sou my ma gesê het.

Related Articles

Back to top button