Local newsNewsSchools

Plasies ontvang gesogte toekenning

Palesa Matuludi, Suid-Afrikaanse programbestuurder van die Presidentstoekenningsorganisasie, het op 19 Februarie 'n besoek aan Hoërskool Merensky gebring.

Willemien van Niekerk koördineer reeds die afgelope 3 jaar hierdie uitsonderlike geleentheid.

Deelname aan hierdie internasionaal erkende aktiwiteit bevorder selfontwikkeling onder die jeug.

12 trotse Plasies het verlede week silwer en bronstoekennings van Matuludi ontvang.

Die hoofmeisie, Christelize Elbrecht en UK Lid, Melany Young het die silwer toekenning verwerf.

Daarvoor moes hul 48 uur gemeenskapsdiens verrig, ‘n sport beoefen, ‘n spesifieke vaardigheid aanleer en ‘n drie-dae staptog voltooi.

Hierdie staatmakers het reeds aan hul goue toekennings begin werk, wat ‘n volle 12 maande neem om te voltooi.

Alicia Prinsloo, Altacia Gubitz, Christopher Pountney, Elzette van Dyk, JJ de Wet, Simoné Pretorius, Kayla Crous, Kristie Badenhorst, Nwananga Moboweni en Dana Troskie het hul eerste brons-toekennings verwerf.

Die Presidentstoekenning word reeds die afgelope 28 jaar in Suid-Afrika aangebied, nadat dit deur die Hertog van Edinburgh in 1956 geinisieër is.

Vorige beskermhere was dr Ian Player en Nelson Mandela. 130 lande, en 800 000 jongmense tussen 14 en 25 jaar neem deel aan hierdie individuele langtermyn doelwit wat van drie tot vyf jaar kan neem om te voltooi.

Hoërskool Merensky salueer hierdie leerlinge en wens hul sterkte toe met die voltooing van hul volgende toekenning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button