Local newsLocal sportNewsSchool sportSport

Tenniskliniek hier

DAAR gaan 'n opwindende tennis toernooi en kliniek in Tzaneen aangebied word.

Dit sal aangebied word deur Chantal Saaiman en Corne Wagenaar van Johannesburg.

Dit sal plaasvind op 8, 9 en 10 April by Laerskool Tzaneen.

Almal in die ouderdom van 5 tot 18 jaar is welkom om dit by te woon.

Gaan neem deel aan die toernooi en kliniek waar daar gewerk gaan word aan tegniek, fiksheid, emosionele en fisiese spel en vele meer. Vir verdere inligting of inskrywing skakel Chantal by 083 365 2277

“It’s not whether you win or lose, but how you play the game”

Daar sal gelukkige trekkings wees en pryse is op die spel. Die kliniek en toernooi word geborg deur Simpson Motors.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button