Editor's choiceLocal newsLocal sportNewsSport

Letaba Saterdag op Loftus

Letaba se eerstespan het Saterdag op sy tuisveld afgereken met die eerstespan van Pietersburg Dorp tydens die ASSUPOL-reeks. Die telling was 'n allemintige 49 - 15.

Letaba was byna op volsterkte. Die terugkeer van die harde baarde, Picasso Coetzer, Eben Fichardt en Marnus Labuschagne ‘n groot verskil gemaak en het Dorp gesug in die vaste fasette van die spel.

Die agste man, kaptein, Sven Hedin het die span mooi bymekaar gehou en die wedstrydplan is vir die volle 80 minute deurgevoer.

Onder die voorspelers was flank, Glen Mafumo en hakker, JP Schwarz uitstekend met hulle stormlopies en hulle het hulle teenstanders swaar laat leef. Letaba se dryfspel in die lynstane was onstuitbaar en meters veld is gewen.

Flank, Wikus Steyn het menige omgekeerde besit gewen, wat Letaba se gevaarlike agterlyn benut het. Letaba het skitterende hardloop rugby gespeel en 6 van die 7 drieë is deur ‘n agterspeler gedruk. Slegs desperate keerwerk deur Pietersburg Dorp het verdere drieë gekeer.

Uitblinkers in die agterlyn was losskakel, Gom Bvuma met sy 2 drieë en hy het ook geslaag met al 7 vervyf skoppe. Die senterpaar, Slang Sibanda en Alec Mhlanga het skitterend gekombineer en veral Sibanda het met sy kraglopies in die middelveld groot probleme vir Pietersburg veroorsaak. Heelagter, Cornel Jacobs was elke keer gevaarlik wanneer hy van agter af aangeval het en vleuel, JP O’Connel het reuse duikslae op sy teenstanders uitgevoer soveel so dat sy teenstanders begin katvoet loop het vir sy verdediging. In Henke Nieman het Letaba ‘n skrumskakel wat die agterlyn flink en vinnig aan die gang kry.

Letaba se drieë is gedruk deur: Gom Bvuma (2), Slang Sibanda (1), Alec Mhlanga (1), Piesang Lombard (1), Glen Mafumo (1), JP Schwarz (1.) Gom Bvuma het al die drieë vervyf.

Die oorwinning met ‘n bonus punt het Letaba die finaal in die ASSUPOL-reeks laat bereik en hulle speel Saterdag op Loftus weer teen Northam.

Northam het ‘n groot en swaar pak en hulle het Letaba reeds vroeër die seisoen op ‘n nat veld gewen dus wil die manne in groen in vol sterkte opruk Loftus toe om Northam te gaan wys wie is baas. Indien die agterlyn genoeg bal kry, gaan dit ‘n baie taai wedstryd wees.

In die voorwedstryd het Musina nie opgedaag nie en het Letaba se tweedespan en Duiwelskloof het ‘n vriendskaplike wedstryd teen mekaar gespeel. Duiwelskloof die bordjies verhang en die keer geseëvier met 25 – 20.

Andre Pohl het gewys hy kan nog enige tyd vir ‘n eerstespan uitdraf en Helgaard Claasen en Natie König was groot uitblinkers vir Duiwelskloof terwyl Bennie Kruger, Pierre Barnard en Jannes van Loggenberg hard vir Letaba 2 probeer het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button