Editor's choiceLocal newsNews

Sakekamer kies nuwe bestuur

Die bestuur van die Tzaneense Sakekamer het Dinsdag 'n nuwe voorsitter en ondervoorsitter vir die volgende tweejaar termyn verkies.

Annette Coertzen, die vorige ondervooirsitter, is as voorsitter verkies, terwyl Hansie Botha as die nuwe ondervoorsitter verkies is.

Tydens die bestuursvergadering is Rodney Moore en Melissa Strydom ook as nuwe bestuurslede verwelkom.

Die jaarlikse prestige prysuitdelingsfunksie van die Sakekamer, waar onder andere die sakepersoon van die jaar aangewys sal word, sal Vrydag, 17 April plaasvind.

Die maand-ete en vergadering sal op 20 Maart plaasvind.

Intussen vorder reëlings vir die provinsiale kongres van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHI) ook fluks.

Dit sal op op 15 en 16 April by Hotel@Tzaneen aangebied word met verteenwoordigers van Gauteng en oor die hele Limpopo wat die kongres hier sal bywoon.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button