Local sportSport

Fietsryers maak Tzaneen trots

Met net sewe sekondes agter die wenner, was plaaslike professionele fietsryer, Alan Gordon van die Insect Science-span, deel van van die groep wat vir die wenstreep gejaag het tydens die Cape Town Cycle Tour (Argus).

Gordon sê die weersomstandighede was perfek met geen wind nie en het hy ‘n uitstekende resies gehad. Ander plaaslike ryers wat deelgeneem het is Alex Gordon en Clarissa Gordon (Alan se vrou), Athol Fernandes, Claire Wilshire, Jane Allison, Chantal Alcock, Haylee du Toit, Sue Wood, Ntwanano Ngobeni, Amit Dagan en BJ en Daléne van Zyl.

Alan Gordon en BJ van Zyl gaan ook eerskomende Sondag aantree vir die Cape Epic wat oor agt dae strek en oor 619km beslis word. Gordon se spanmaat is CP van Wyk.

Keagan Bontekoning en Arno du Toit is die ander span van Insect Science wat ingeskryf is vir dié uitmergelende resies. Van Zyl se spanmaat is André van den Berg, ‘n dokter van Mokopane. Dit is Van Zyl se sewende Cape Epic.

Also read: BetwayCares referees’ course a success

Related Articles

Back to top button