Local newsNewsSport

Limpopo Bulls vs Golden Lions die naweek

Provinsiale rugby word weer Vrydag, 13 Maart, in Polokwane gesien wannneer die Assupol Limpopo Vodacom Blou Bulle die Xerox Golden Lions in die Peter Mokaba stadion die stryd aansĂȘ.

Die wedstryd gaan regstreeks op televisie gebeeldsaai word en is die eerste wedstryd van die Limpopo Blou Bulle in vanjaar se kompetisie.

Die eerste wedstryd begin reeds om 14:30 Vrydagmiddag wanneer twee ontwikkelingspanne mekaar pak.

Om 15:45 speel twee vroue-spanne van Limpopo teen mekaar terwyl die Bulletjies om 17:00 op die veld draf.

Die hoofwedstryd begin om 19:10.

Heelwat vermaak gaan gepaard met die rugby.

Dit sluit in ‘n biertent, kosstalletjies, trompoppies en plaaslike musiektalent voor die rugby en ook halftyd.

Daar sal ook verskeie kompetisies vir toeskouers gedurende rustyd van die hoofwedstryd aangebied word.

Kaartjies is beskikbaar by die kantore van Limpopo Blou Bulle Rugby sowel as by die ingangshekke.

Toegang is slegs R20 vir volwassenes en R10 vir kinders. Losies vir die dag is beskikbaar teen R5 000.

Vir meer inliging kan Joan geskakel word op 082 418 6587.

Related Articles

Back to top button