Local newsNews

Hartseer gesig wag op Modjadji-besoekers

Een van Tzaneen se mooiste reservate, die Modjadji Natuurreservaat is besig om verder te verval nadat die inligtingsentrum drie jaar gelede in ‘n brand verwoes is.

Tydens ‘n besoek van die Herald is die geboue en geriewe in ‘n vervalle toestand gevind.

Die reservaat het die grootste konsentrasie van ‘n enkele cycad-spesie ter wêreld en van die oudste plante word hier aangetref.

Geen ingangsfooi word by die hek gehef nie. Daar is ook geen toiletgeriewe of water nie en hoewel daar braaigeriewe is, word dit nie toegelaat nie.

Also read: Village shocked by murder of a 13-year-old girl

Volgens Zaid Kalla, woordvoerder van die departement ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme (LEDET) sal daar slegs geringe verbeterings aangebring word aan die fasiliteite in die 2021/22 finansiële jaar en dat geen toegangsfooi gehef sal word voor dit nie afgehandel is nie. Onder die verbeterings wat beplan word is ablusiegeriewe en water, het hy gesê.

Hy het ontken dat die veiligheidsmaatreëls by die reservaat nie voldoende is nie.

“Ons het sekuriteit by die hek en die reservaat word deur opgeleide wildbewaarders bestuur en gepatrolleer,” het Kalla gesê.

Besoekure is 07:30 – 16:30 (diegene wat reeds in die reservaat is, word toegelaat om tot 18:00 te vertoef). Modjadji word deur sowat 3000 mense per jaar besoek.

Related Articles

Back to top button