Local newsNews

Kragkabeldiewe in Arbor Park gejaag

Twee mans wat probeer het om ‘n elektriese toevoerkabel wat bogronds in Soetdoringstraat lê te steel, is Saterdag in die vroeë oggendure deur ’n sekuriteitsmaatskappy agterna gesit nadat daar skote gevuur is.

Paul Saayman, ‘n inwoner van die buurt vertel dat die hoëtoevoerkabel alreeds vir ongeveer sewe maande bogronds lê na ‘n kragonderbreking wat dae lank geduur het en deur die munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling herstel is.

Die kabel is gekoppel aan ‘n kragboks aan die oorkant van die straat wat onder die pad na die ander kant geneem is om aan ‘n woonkomplekse krag te voorsien.

Aan albei kante van die pad lê die kabel bo die graond Paul het ongeveer 02:30 wakker geword van ‘n gekap, maar kon niks opmerk nie.

Ongeveer ‘n halfuur later het hy dit weer gehoor en twee mans gesien wat deur die kabel probeer kap.

Northern Security is geskakel nadat die polisie nie hul telefoon geantwoord het nie, sê hy. Northern Security het die voorval aan Herald bevestig.

 

Also read: Lekukela is first Rain King in 200 years

“Ons is uitgeroep en die vermeende diewe het skote in die grond afgevuur toe hulle ons sien. Ons span het ook waarskuwingskote gevuur,” het Louis Naudé gesê.

Die mans, in ‘n GPregistrasienommermotor het weggejaag.

Hulle is tot op die Georges Valleypad agternagesit, maar het weggekom.

‘n Saak is by die polisie aanhangig gemaak. Neville Ndlala van die Groter Tzaneen Munisipaliteit het aan Herald gesê die hoëtoevoerkragkabel wat bogronds lê sal so gou as moontlik deur die munisipaliteit volgens voorskrifte onder die grond gelê word.

“Ons het uitdagings gehad rondom die saak, maar sal dit so gou doenlik herstel,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button