AdvertorialLocal newsNews

So baat ‘n boerdery by die natuurlike omgewing

Wiam Haddad, ekoloog van ZZ2 skryf

Suksesvolle, moderne boere maak staat op ‘n hele rits dienste. Sonder regskundige-, tegniese-, finansiële-, landboukundige- en IT-dienste kan ‘n boerdery nie optimal funksioneer nie. Dié dienste kom natuurlik teen ‘n prys – ‘n rekening in rande.

Alle boere maak egter ook staat op ‘n verdere stel dienste waarvoor daar nie altyd ‘n lyntjie in die boeke gehou word nie… Ekostelseldienste. Ekostelseldienste is die broodnodige, lewensonderhoudende dienste wat ‘n goed funksionerende natuurlike omgewing voorsien.

LEES OOK: ZZ2 en Makgobas vertel ‘n inspirerende storie

Soos asemhaling, maak ons alledaags só staat op ekostelseldienste dat ons byna nooit daaroor dink nie – maar ontneem iemand jou van jou asem, kom jy gou-gou agter … Die omvang van ekostelseldienste ken byna geen perke nie. Van miskruiers wat gelyktydig opruim, bemes en die grond belug tot weerligstrale wat help met stikstofvrystelling.

Van plantwortels wat gronderosie verhoed tot ‘n groot boom wat skaduwee gee vir vee – die is alles voorbeelde van ekostelseldienste – iets van waarde wat jy verniet by die natuur kry. Die werking van ekostelseldienste vind plaas oor ‘n reeks geografi ese skale: Van die regulering van globale klimaat tot die gehalte van die water in jou plaaslike stroompie.

So ook werk ekostelseldienste oor ‘n reeks tydskale: Van die grondvormingsproses wat miljoene jare duur tot die bestuiwing van ‘n vrugteboom se blom wat skaars ‘n sekonde neem. Om dienste te lewer het mens dan ook infrastruktuur nodig. Om ‘n vragmotor behoorlik te diens benodig jy gereedskap en ‘n werkswinkel.

ALSO READ: ZZ2 tomato juice awarded CANSA seal of recognition

So ook met ekostelseldienste. Ons kan na areas van natuurlike plantegroei, vleilande, bosse, koppies, berge en strome verwys as ekologiese infrastruktuur – die fisieke goed wat jy nodig het om die diens te lewer. As die ekologiese infrastruktuur verwaarloos word loop mens natuurlik die risiko dat jou ekostelseldienslewering gaan opdroog.

Die Koedoesrivier-opvangsgebied in die Limpopo provinsie is van beduidende landbou belang, veral vir die produksie van vars groente en vrugte. Dit mag mens egter verras dat 47.5% van die oppervlak van so ‘n produktiewe area nog in ‘n primêre natuurlike toestand is. Daardie natuurlike dele is van groot belang vir die voorsiening van ekostelseldienste aan die landbouers in die omgewing en dra beslis by tot die sukses van landbou in die omgewing.

Die volhoubaarheid van landbou in die groter area, en die veerkragtigheid van die omgewing om skokke (soos die afgelope droogte) te weerstaan is baie groter hier as in ‘n soortgelyke vallei waar minder ekologiese infrastruktuur bestaan. Boere kan dus baie baat by die onderhoud en restorasie van die ekologiese infrastruktuur op hulle plase.

In Suid-Afrika is net sowat 6.25% van grond opsy gesit as ewaringsgebiede. Stedelike en voorstedelike ontwikkelings beslaan waarskynlik ‘n soortgelyke oppervlak. Dit beteken dus dat die grootste persentasie van die land se ekologiese infrastruktuur deur boere bestuur word. Die breë en uiteenlopende ruimtelike voetspoor van die landbousektor posisioneer dit ideaal om groot bydraes te lewer tot die onderhoud van die natuurlike omgewing.

Suid-Afrika se boere is dus nie net die voorsieners van die land se kos nie, maar tot ‘n groot mate ook die rentmeesters van ons ekostelseldienste.

1. Rouget M, Jonas Z, Cowling RM, et al. Ecosystem Status and Protection Levels of Vegetation Types. In: Vegetation of South Africa,

Related Articles

Back to top button