Editor's choiceLocal newsNews

Tzaneen: Du Preez broers sedert Saterdag vermis

Die Du Preez broers van die Tzaneen omgewing is sedert Saterdag as vermis aangemeld.

Zelda Du Preez, ma van Dillan en Brandon het op Facebook ń pleidooi geplaas aan die gemeenskap om te help soek na haar twee seuns.

Die twee boeties,  Dillin (12) en Brandon (15) is sedert Saterdag 29 Desember 2018 as vermis aangemeld.

ń Saak is aanhangig gemaak by die Tzaneen SAPD is aan Letaba Herald bevestig.

Zelda smeek by die gemeenskap.

“Ek vra dat hulle asseblief my kinders terugbring,” het Zelda aan die Herald gesê.

Indien enige inwoner oor inligting beskik oor die omstandighede rondom hulle verdwyning, skakel Zelda op: 064 737 3635.

Related Articles

Back to top button