Local newsNews

So vat mense hande in Hoedspruit teen misdaad

Die suksesvolle Uya Pamwe operasie in Hoedspruit verlede Donderdag het 'n baie sterk boodskap aan misdadigers gestuur.

Die voorsitter van die Hoedspruit Dorpswag, Johan Potgieter, het die Hoedspruit gemeenskap en die SAPD van harte geluk gewens vir die uitstekende samewerking tydens die operasie wat gesamentlik deur die Provinsiale en plaaslike SAPD, Hoedspruit Dorpswag, Hoedspruit Plaaswag en ander sekuriteitsorganisasies uitgevoer was.

LEES: HOEDSPRUIT: Welkom in Limpopo “911 Riders”

Lanklaas was daar soveel teen-misdaad aktiwiteite op een dag in Hoedspruit en omgewing. Misdadigers het die boodskap duidelik gehoor: “As ‘n gemeenskap en hulle polisie saamstaan moet julle liewer ‘n ander plek gaan soek vir julle kriminele aktiwiteite. Hier is julle nie welkom nie.”

In ‘n skouspelagtige vertoon van samewerking het polisielede vanoor die hele provinsie in Hoedspruit saamgetrek. Saam met die Hoedspruit Dorpswag, Plaaswag en sekuriteitsmaatskappye is hande gevat en is verskeie brandpunte in die dorp en op plase deursoek.

Verskei  arrestasies is uit gevoel en daar is beslag gelê op verskeie onwettige items.

Onwettige visvang nette is tydens die Uye Pamwe operasie by die stalletjies langs die Blyde Rivier gekonfiskeer.

Dit is duidelik dat die gemeenskap in Hoedspruit versterk is deur die optrede veral as gekyk word nie die groot opkoms na die terugvoer vergadering by die van Rensburgsaal.

Hy het gesê dat die simbool van grootskaalse samewerking inwoners en lede van die Hoedspruit Dorpswag weer nuwe motivering en hoop gee.

Potgieter het spesiaal Maj Gen Scheepers en sy span bedank dat hulle Hoedspruit gekies het vir die operasie en ook vir die inspirerende en sterk boodskap.

Lt Kol Martin van Staden soek onwettige dwelms tydens die Uya Pamwe operasie.

Hy het gesê dat die boodskap van Maj Gen Scheepers duidelik was: misdaad is nie aanvaarbaar nie en as ons almal hande vat kan misdaad geklop word.

Daar is nie ‘n kortpad nie, ook nie ‘n maklike pad nie maar as almal die regte aksies uitvoer, kan misdaad geklop word.

Maj Gen Ngobeni van Giyani, ‘n ou bekende in Hoedspruit, is ook verwelkom. Kol Martin van Staden van die Provinsiale kantoor word bedank vir sy bydrae. Hy is nou al ‘n ou bekende op Hoedspruit en hy moet verseker weet dat hy altyd hier welkom sal wees. Dit was ‘n voorreg om soveel van die provinsiale en senior SAPD lede op Hoedspruit te verwelkom.

Daar is ‘n parade gehou en die dag is geopen met gebed voor almal in groepe verdeel is. Daar was polisie van regoor die provinsie teenwoordig.

‘n Spesial woord van dank aan hulle lede wat aan die operasie deelgeneem het. Baie van die lede kon nie verlof kry nie maar die wat wel daar was, word opreg bedank.

Potgieter het gesê dat die Hoedspruit Dorpswag sal voortgaan met patrollies en ander aktiwiteite, nou met nuwe ywer.

Hy het ook die gemeenskap aangemoedig om by die Dorpswag aan te sluit.

“So kan ons elkeen ‘n wesenlike verskil maak om ons mooi dorp en haar inwoners veilig te hou,” sluit Potgieter af.

Related Articles

Back to top button