Local newsNews

FOTOS: Amanda se ‘Letsitele en sy Mense’ bekendstelling in beeld

Dis ‘n deel van ons omgewing se geskiedenis en van onskatbare waarde!

Die boek, ‘Letsitele en sy Mense, Verlede tot Hede’ was eintlik Edward Vorster se droom en ek het net die werk gedoen.’

So vertel Amanda Vorster tydens die boekbekendstelling Saterdagaand by The Juntion, in Letsitele.

Amanda teken met trots haar naam in haar nuwe boek.

Dit was die aanvanklike gedagte, maar toe raak Amanda meegesleur deur elkeen se storie, deels omdat dit geskiedenis is, maar ook omdat sy ‘n kind van die kontrei is.

Beatrix van Gas en Loraine van Tonder.

En daar was uitdagings tydens die skryf van die boek. ‘Een van die grootstes vertel sy was dat persone laks was om te reageer.

Lees: Local writes a new book

Nallie Basson en Conrad Vosloo.

‘Ek wou so graag net hulle storie en agtergrond hê en dan natuurlik om met slegs twee vingers te tik,’ sê sy.

Lees: A book to inspire lives by local author

Ida Spies en Elize Taljaard.

En om ‘n boek te skryf en te publiseer gebeur nie oornag nie.

Amanda se eerste eposse is in Oktober 2009 uitgestuur. 8 jaar later en die boek is in druk en nou beskikbaar.

Hannes du Preez, Piet Vorster, Derrick van Schalkwyk en Edward Vorster klink ‘n glasie ‘BosBok’ soos dit onthou word uit die ou dae, op Amanda se nuwe boek. ‘n ‘Bosbok’ is eie aan Letsitele se ou dae…’n knertsie brandewyn met lemoensap.

‘Ek het party dae etlike ure daaraan gewerk. Ander dae niks. Maar as ek regtig moet somme maak sou ek sê dat ek tussen 20 tot 28 uur per week daaraan gewerk het.’

Patric McCaffin en Sonja du Preez.

En daar is baie mense om te bedank.

Marnel Botha was verantwoordelik van die boek se omslag, Amanda Vosrter, prof Louis Changuion, wat die voorwoord geskryf het en Marni van Emminis, wat die taalversorging gedoen het.

‘Edward Vorster was die hoofbron van inligting, maar verskeie mense het hul storie in hand geskrewe bladsye vir my gegee, dis toewyding en bedagsaamheid by uitstek,’ vertel sy.

En jeuk haar vingers alreeds om die volgende boek aan te pak?

“Die Jode het my nog altyd gefassineer en het ek reeds uit die Bybel baie toepaslike aanhalings geïdentifiseer so ek glo dit gaan ‘n boek wees oor die Jode,’ sê sy.

Lees: New book by local author

En net soos almal Amanda ken sê sy dan ook trots dat sy alreeds daarmee begin het.

Skryf vang Amanda vas in een woord. Vasbyt!

Abraham van Rooyen, Elize Taljaard en Yolande Pieterse.

‘Doen dit net, gaan sit en begin tik op jou rekenaar, doen goeie navorsing, dit sit die wiele outomaties aan die rol, is haar raad aan aspirant skrywers.

En as iemand eendag iets oor haar moet skryf? ‘My intergriteit is vir my nie net kosbaar nie, maar lewensbelangrik, wat ek sê doen ek en dat ek omgee vir my naaste, my Skepper se opdrag dus.’

Die boek ‘Letsitele en sy Mense: Verlede tot Hede’ is beskikbaar by PNA Tzaneen, Orange Matters en Sprayrite Letsitele.

Skakel haar ook op 083 451 3007 of epos: amanda@mahela.co.za

Jy sal nie spyt wees nie.

Dis ‘n deel van ons omgewing se geskiedenis en van onskatbare waarde!

Lees: ‘Let’s fix this’: Book Launch

Amanda se boek resensie deur: Alita van der Walt

Met die afsterwe van elke generasie word die wat agterbly ontneem van ‘n kosbare skat, die geskiedenis van hulle omgewing en sy mense.
Koue geskiedkundige feite sal daar altyd te vinde wees in die anale van kerke, die regering en koerantargiewe maar dié skenk gewoonlik min aandag aan persoonlike staaltjies en ervarings.
Met haarboek “Letsitele en sy mense” het Amanda Vorster verseker dat die gemeenskaps geskiedenis van Letsitele en sy omgewing nie soos die van vele ander gemeenskappe, verlore vir die nageslag raak nie.
Amanda het sedert 2009, op aandrang van haar man, Edward, die ‘onthou’ van vier generasies van die inwoners van Letsitele en sy omgewing bymekaar gemaak en Saterdag, 14 Oktober, is haar boek tydens ‘n funksie by die Letaba Junction bekend gestel.
Die Junction, wat voorheen bekend gestaan het as die Boereklub, was ‘n gepasde keuse vir die bekenstelling aan gesien dit vir jare die Letsitele gemeenskap se enigste bymaarkom- en kuierplek was. Amanda skryf in die boek se afsluitingsnota dat elke persoon met wie sy gepraat het die Saterdag-kuier by die Boereklub met heimweë onthou.
Die middag is daar tennis gespeel, aanvanklik op kleibane wat gebou is van miershope wat die boere op hul trekkers aangery het, en die aand is daar gedans dat die biessies bewe. Pieter Aldred onthou hoe ‘n oom Bennie, man alleen die musiek verskaf het op die Boereklub se klavier en ook sy saag.
So vervat die boek menigde interessante ‘onthou jy nog’ staaltjies en oorvertellings oor die pioniersdae van Letsitele omgewing o.a. die ontdek van die Eiland se warmbronne, die stryd teen malaria en die totstandkoming van die omgewing se skole en groot besighede.
“Letsitele en sy mense” herinner ons dat die ontwikkeling van die streek met baie swoeg en sweet gepaard gegaan het. Dit is te danke aan hierdie pioniers dat daar vandag gevestigde dorpe in die omgewing is met goeie skole, winkels en mediese sorg. Hierdie pioniers het die omgewing se paaie met pikke en grawe help bou en het plase en besighede uit niks ontwikkel nie. Voorwaar ‘n inspirasie vir vandag se generasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button