Letaba Herald het vanoggend van die toneel berig dat dit slegs ‘n bosbrand, of moontlik voorbrande was.
Daar is aan Letaba Herald vertel dat hulle in die omgewing van die brandweer die afgelope ruk die veld in blokke laat brand het.
Dit is onduidelik na wie daar verwys is.
‘Hierdie is nie ‘n voorbrand wat hand uitgeruk het nie. Dit is ‘n bosbrand,’ het ‘n bron gesê.
Letaba Herald het juis vroeër die maand berig dat die Letaba Fire Protection Association (LFPA)’n duidelike waarskuwing uitgeruik het dat die Letaba distrik ‘n hoë risiko is vir onbeheerbare brande.
Lees: TZANEEN: Letaba District is at risk of a possible major uncontrolled burn this fire season
Letaba Herald het pas verneem dat die DBV vroeër in gevaar was.
‘Die vuur is nou rustiger daar, maar hy skuif nou na die asgat toe. Hy brand lelik. Hierdie is ‘n ramp wat wag om te gebeur,’ is aan die Herald vertel.
Brandbestryders is besig om die vuur te blus en onder bedwang te probeer bring.
Lees ook:
Fire defeated after three days