School sportSport

#Vossies vertoon goed teen SA se beste netbalskole

Die Hoƫrskool Ben Vorster se A-netbalspanne het die afgelope naweek aan die jaarlikse Coke Toernooi ter voorbereiding vir die komende naweek se SA-Top Skole Toernooi te Potchefstroom deelgeneem.

Kompetisie was soos altyd – baie sterk met skole soos: Afrikaans HoĆ«r Meisies Pretoria, Potchefstroom Gimnasium en HoĆ«rskool Noordkaap wat deelgeneem het.

Die O/14-A-span het 12de uit 22 skole geƫindig, die O/15A-span 7de uit 22 skole, die O/15A-span 7de uit 20 spanne en die NTT-Toyota O/19A-span het 10de uit 20 skole geƫindig.

Hoƫrskool Ben Vorster het algeheel 11de uit die 23 deelnemende skole geƫindig.

Die O/14A-span se eerste wedstryd (in hulle poel) was teen Garsfontein, teen wie hulle 8-15 verloor het.

Hulle 2de wedstryd was teen Gauteng se top O/14-span – Afrikaans HoĆ«r Meisies Pretoria.

Die Vossies verloor met 9 doele teen 18.

Die meisies het 6-22 teen Potchefstroom Gimnasium verloor, maar het met HS Noordkaap 15-3 afgereken.

Hulle het gevolglik teen Lichtenburg uitgespeel vir die 12de posisie en hierdie wedstryd 13-8 gewen.

Vossies se O/14A-SPAN: Voor van links: Lebo Mamarara, Schockey Lebetha, Dedeya Shipalana, Rivoningo Mathonsi en Hlogi Senyolo. Agter: Amukelani Kubayi (kaptein), Shammer Ngobeni en Tumelo Malatjie.

Die O/15A-span het skoonskip gemaak in hulle poel wedstryde. Hulle het Diamantveld 11-8, Eldoraine 11-9, Nelspruit 11-9, Volkskool 18-8 en Marais Viljoen 12-9 gewen.

Hulle het hulle eerste kwart-finale, teen Hoƫrskool Bergsig, 12-19 verloor en hulle volgende wedstryd, teen Potchefstroom Gimnasium, 24-5 verloor.

Hulle het gevolglik (vir die 7de posisie) teen Marais Viljoen gespeel en hierdie wedstryd 11-10 gewen.

Lees ook:Ā Vossies shine at Klofie netball festival

O/16A-span het hulle poel wedstryde en teen Afrikaans Hoƫr Meisies Pretoria afgeskop.

Hulle het die wedstryd 21-8 verloor.

Daarna het hulle Garsfontein 16-11 gewen, 17-11 teen HS Noordkaap verloor en Potchefstroom Gimnasium 17-14 gewen.

In die kwart finale het diƩ span teen Potchefstroom Volkskool naelskraap 11-14 verloor.

Hulle het egter vir Hoƫrskool Rustenburg 16-12 in die daaropvolgende wedstryd gewen om 7de uit 20 spanne te eindig.

Vossies se O/16A-span: Voor van links: Lebogang Maupye, Mokete Moleta, Zonika Stabelberg (kaptein), ElmƩ Genis en Nxalati Mashimbye. Agter: Nthabiseng Ramothwala, Bianca Thete en Emma Gaffane.

Die NTT-Toyota O/19A-span het twee van hulle poelwedstryde verloor – eers teen Afrikaans HoĆ«r Meisies Pretoria met 11-27 en teen Garsfontein 21-26.

Hulle het HS Noord-Kaap egter met ‘n telling van 27-16 gewen en het voortgegaan om Potchefstroom Gimnasium, teen wie hulle by die Wildeklawer toernooi vroeĆ«r die jaar ver verloor het, 24-20 te wen.

Die Vossies het vir 10de/11de plek teen Kempton Park gespeel en die kragmeting 28-21 gewen.

‘Baie geluk aan hierdie meisies en hulle afrigters vir die harde werk, opofferings en lang ure wat elke dag ingesit is om die spelers te slyp.’

Baie sterkte aan die O/14A-, O/16A- en 1ste span wat die komende naweek die land se bestes by die Top Skole Toernooi te EG Jansen gaan aandurf. Die O/15A-span sal die 12de Augustus aan die O/15-Kay Motsepe Toernooi deelneem om te bepaal wie later die jaar aan die nasionale O/15-toernooi in Gauteng sal meeding.

Related Articles

 
Back to top button