Local newsNews

HOEDSPRUIT: Trok ongeluk veroorsaak chaos tot na middernag

VIDEO: Chaos en verkeersopeenhoping tot in die middernagtelike ure nadat trok gedeeltelik berg af is.

‘n Trok van Hardus Transport wat gisteraand, (28 Junie) gedeeltelik berg af is naby die Strydom tonnel op die Lydenburg pas, is uitgesleep na ongeveer 5 ure.

Waarskuwings op sosiale media is wyd versprei na die ongeluk.

Grootskaalse verkeersontwrigting is veroorsaak en die pad was van beide rigtings gesluit vir verkeer gedurende die ongelukstoneel opruiming.

Video:

‘Dit is nou chaos daar, en die probleem is, die pad is nou besig om mee te gee onder die voertuig wat die ander voertuig probeer uitsleep, so daai pad is in elk geval nou beskadig, so ek weet nie wat nou daar gaan gebeur nie, maar dit lyk na ‘n redelike groot hoeveelheid chaos,’ is aan die Herald gisteraand vertel.

Die trok word uitgesleep.

Volgens Marie Helm, van die Hoedspruit Dorpswag bly die pad ‘n groot bekommernis.

‘Daar sal regtig gekyk moet word na gewigsbeperkings op die pad,’ het Helm aan die Herald gesê.

‘n Deel van die pad gee mee tydens die opruiming.

Dit is nie die eerste ongeluk waarby trokke betrokke was op die pad nie.

Volgens die eienaar van die trok, Hardus Booyse, wat vanoggend met die Herald gesels het, is die bestuurder van die trok sowel as die assistent ongedeerd.

Die trok bestuurder en assistent is ongedeerd.

‘Hulle was hospitaal toe geneem vir x-trale. Hulle is reeds terug na Rustenburg en het wonderbaarlik net ‘n paar bloukolle en spierpyne. Maar hulle is vanselfsprekend in skok,’ het Booyse gesê.

‘Die trok was onderweg na Letsitele om lemoene te laai wat dan na Durban geneem sou word.’

Gedeeltelik berg af.

Volgens Booyse het die trok op die nat pad gegly in die mistige weer gisteraand.

‘Indien die trok ‘n vrag gehad het, was dit ‘n ander storie,’ het Booyse gesê.

Een van die Hoedspruit Dorpswag se lede, Pierre Diederichs, wat in die verkeer vasgevang was, het vanoggend van die toneel af laat weet dat die trok uitgekry is en een baan vir verkeer oopgemaak kon word.

‘Daar was nog chaos nadat ons daar weg kon kom weens al die baie trokke en padvernouings. Ons glo die pad is nou oop. Dit was nogals ‘n storie,’ lui die boodskap.

Hardus Transport bedryf sake vanuit Rustenburg.

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button